Central SA
Noord-Kapenaar kry 6 jaar vir aanranding─── 06:30 Tue, 30 Jul 2024
“Hilldrick Kupido (30) van Vanwyksvlei en sy meisie (38) was op 29 April betrokke in ’n rusie toe hy haar aangeval het, wat gelei het tot ’n oop wond aan die agterkant van haar kop.”
’n Noord-Kapener (30) is tot ses-jaar-tronkstraf gevonnis, nadat hy ’n vrou met klippe en ’n koeldrankkrat aangeval het.
“Hilldrick Kupido (30) van Vanwyksvlei en sy meisie (38) was op 29 April betrokke in ’n rusie toe hy haar aangeval het, wat gelei het tot ’n oop wond aan die agterkant van haar kop,” sê Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
Kupido is tydens roetinepatrollies in hegtenis geneem vir aanranding met die opset om ernstig te beseer. Sy borgtog is geweier, en hy het in aanhouding gebly tot die vonnisoplegging.
‘Hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit’
De Aar streekhof het hom ’n direkte tronkstraf van ses jaar opgelê, volledig opgeskort vir vyf jaar. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Die polisiediens in die Noord-Kaap loof ao. Floris Fritz, ondersoekbeampte, van Carnarvon se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vir sy ywerige en professionele ondersoek wat tot die vonnisoplegging gelei het.
In ’n afsonderlike voorval is ’n man van Kuruman in die streekhof tot 15-jaar-tronkstraf gevonnis vir poging tot moord op sy eksmeisie en die aanranding van hul minderjarige seun.
‘Hy het haar op verlede jaar in haar slaap met ’n byl aangeval’
“Letlhogonolo Sejake (50) het haar op 2 Desember verlede jaar in haar slaap met ’n byl aangeval. Hy het ook hul minderjarige seun ernstig beseer,” sê Merapelo Pilane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
Sejake is later daardie dag in hegtenis geneem, nadat die voorval by die polisie aangemeld is. “Sejake is tot 15-jaar-tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie binne daardie tydperk ’n soortgelyke misdaad pleeg nie.”
OFM Nuus mvh
