On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrou het glo belastingontduikers in Bloemfontein gehelp

───   11:07 Tue, 30 Jul 2024

Vrou het glo belastingontduikers in Bloemfontein gehelp | News Article
’n Kantoor van die SAID. Foto: fakazanews

“Sy sal verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.”

'n Derde beskuldigde sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat sy, ’n sakeman en sy Nigeriese rekenmeester na bewering die belastinggaarder uit meer as R1 miljoen bedrieg het.

Die vrou (31) het na bewering saam met Molefi Nephthali Tloome (49), eienaar van PPK Engineering & Construction, en Eguleme Dee Ebeye (53), ’n rekenmeester van Nigeriese herkoms, bedrieglike belastingopgawes ingedien. Sy sal verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.

Molefi Nephthali Tloome (49). Foto verskaf

Tloome en Ebeye is op 11 Junie op borgtog van onderskeidelik R2 500 en R1 500 vrygelaat, maar is op 2 Augustus skuldig bevind dat hulle Jan Taks tussen 2018 en 2020 uit meer as R1 miljoen bedrieg het, sê Christopher Singo, Vrystaatse Valke-woordvoerder. “Die vrou is Vrydag (26/7) gedagvaar om in die hof te verskyn.”

Volgens lt.kol. Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder, spruit die drie se verskynings uit ’n voorlopige ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat beweerde bedrieglike aktiwiteite met die indiening van vals 201-opgawes vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) bevind het.

“Ná ’n voorlopige ondersoek deur die SAID is die twee se beweerde bedrieglike aktiwiteite ontdek,” sê Singo. “ ’n Ondersoeker het vasgestel hulle het vals 201-opgawes vir BTW ingedien. Weens dié bedrieglike aktiwiteite het die SAID altesaam R1,2 miljoen verloor.”

Intussen het ’n Bloemfonteinse sakeman, Paul Rafoneke (36), tronkstraf vrygespring nadat hy bedrog met belastingopgawes gepleeg het. Hy is swaar beboet.

Eguleme Dee Ebeye (53). Foto verskaf

Rafoneke is deur die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis vir die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie (28/2011), sê Mohobeleli. Sy vonnis is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy die SAID teen Julie 2029 terugbetaal.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.