On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Bedrieër van Noord-Kaapse Krieketunie kry vier jaar

───   ZENANDE MPAME 06:00 Fri, 02 Aug 2024

Bedrieër van Noord-Kaapse Krieketunie kry vier jaar | News Article
Bedrieër van Noord-Kaapse Krieketunie kry vier jaar. Picture: Facebook/Northern Cape Cricket.

“Hy het glo geld, wat vir diensverskaffers bedoel was, in sy persoonlike bankrekening inbetaal.”

Die saak teen die voormalige finansiële bestuurder van die Noord-Kaapse Krieketunie is in Kimberley se handelshof afgehandel toe hy vier jaar tronkstraf opgelê is.

Jean Pierre van Niekerk (25) is gevonnis op aanklagte van bedrog, alternatiewelik diefstal.

Vir aanklagte 1 tot 40 is hy vier jaar direkte gevangenisstraf opgelê, maar vir aanklagte 40 tot 80 het hy 12 maande gekry wat geheel en al vir vyf jaar opgeskort is.

“Die gevangenisstraf van 12 maande is opgeskort op voorwaarde dat Van Niekerk nie tydens hierdie opskorting aan dieselfde oortreding skuldig bevind word nie,” sê Tebogo Thebe, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder.

‘Hy is in Januarie op borgtog van R5 000 vrygelaat’

Van Niekerk het die eerste keer in Desember 2023 in die hof verskyn, nadat hy deur die Valke in hegtenis geneem is vir alternatiewe bedrogdiefstal. Hy is in Januarie op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die 25-jarige was tussen Julie 2022 en Maart 2023in diens van die Noord-Kaapse Krieketunie as finansiële bestuurder. Hy het na bewering geld van sy werkgewer wanbestee.

Hy het glo geld, wat vir diensverskaffers bedoel was, in sy persoonlike bankrekening inbetaal. Weens sy bedrog het die unie het ’n finansiële verlies van meer as R400 000, plus rente, gely.


In Januarie 2022 het die Noord-Kaapse Krieketunie Van Niekerk as nuwe lid van hul administrasiespan verwelkom, net ’n jaar voort hy deur die Valke in hegtenis geneem is.

Intussen sal ’n 54-jarige na verwagting op Woensdag 21 Augustus in Calvinia se landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

“Die beskuldigde, die waarnemende landdros vir die distrik Calvinia in die Noord-Kaap, is Donderdag (1/8) deur die Valke aangekeer, sê Thebe.”

“Sy werklading het reis na ander howe in die distrik ingesluit wat die terugbetaling van reis en verblyf deur die staat genoodsaak het.”

‘’n 54-jarige word daarvan aangekla dat hy bedrieglike eise’

Hy word daarvan aangekla dat hy bedrieglike eise by die werkgewer ingedien het, wat ’n verlies van meer as R2 000 tot gevolg gehad het.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.