On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Man van Hartebeesfontein kry lewenslank vir moord

───   HEIDRÈ MALGAS 14:57 Fri, 02 Aug 2024

Man van Hartebeesfontein kry lewenslank vir moord | News Article
Die hof het John Marumoagae tot lewenslank gevonnis. Foto ter illustrasie

“Hy het haar daarvan beskuldig dat sy ’n verhouding met ’n ander man het.”

’n Man van Hartbeesfontein in Noordwes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy eksmeisie. 

“John Marumoagae (52) is Donderdag (1/8) in die hooggeregshof in Klerksdorp gevonnis,” sê Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder. “Die beskuldigde wat as ’n veiligheidswag gewerk het, het op 18 Februarie 2023 ná werk na ’n taverne gegaan. Hier het hy en Duduetsang Mokgethi (29), sy eksmeisie, begin stry.

Hy het haar daarvan beskuldig dat sy ’n verhouding met ’n ander man het.

Mokgethi se liggaam is die volgende dag deur ’n verbyganger in ’n oop veld gevind. Die polisie is ontbied en ’n saak van moord is geregistreer wat gelei het tot die inhegtenisneming van Marumoagae, maar weens onvoldoende bewyse is die saak nie ingeskryf nie.

‘Die versekering het nie uitbetaal nie’

Die teenbende-eenheid het die ondersoek oorgeneem en uitgevind dat Marumoagae versekering op Mokgethi se lewe uitgeneem het sonder haar medewete. Die versekering het nie uitbetaal nie. Marumoagae is op Dinsdag 20 Junie 2023 in hegtenis geneem en borgtog is teengestaan. 

Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit kragtens Art. 103 van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet No. 60 van 2000).

OFM Nuus het voorheen berig van ’n man van Hanover in die Noord-Kaap wat lewenslange tronkstraf opgelê is vir die moord op sy meisie.

‘Hy het besluit om by die huis te bly’

Tracy (Pes) Wilson (35), het sy meisie (34) op 7 Januarie ná ’n woordewisseling met ’n mes doodgesteek, het Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, gesê. “Die oorledene het glo die aand van die voorval saam met haar suster en vriende uitgegaan, maar Wilson het besluit om by die huis te bly.

“Toe die oorledene later die aand by die huis kom, het die paartjie baklei, waarna hy haar toe vermoor het,” sê Ehlers. Hy is skuldig bevind en tot 25 jaar gevangenisstraf vir moord gevonnis. Hy mag ook nie ’n vuurwapen besit nie. 

OFM Nuus dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.