Central SA
Zimbabwiese burgers vasgetrek weens beweerde diefstal─── CHARNÉ VAN DER MERWE 05:00 Mon, 05 Aug 2024
“’n Wit Ford Ranger-voertuig met drie verdagte insittendes is Woensdag (1/8) in Lichtenburg opgemerk.”
Drie buitelandse burgers sal Maandag (5/8) in die Lichtenburg-landdroshof verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Drie Zimbabwiese burgers is Vrydag (1/8) tydens ‘n gesamentlike poging tussen die polisie en werknemers van private sekuriteitsmaatskappye in hegtenis geneem, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder.
‘Die voertuig is gestop en een passasier het probeer weghardloop’
“’n Verdagte wit Ford Ranger-voertuig met drie insittendes is Woensdag (31/8) in Lichtenburg opgemerk. Met behulp van kringtelevisiekameras het Lichtenburg Sigbare Polisiëring, K9-eenheid en CIB Sekuriteitslede die beweging van die voertuig gemonitor, wat in die rigting van Mahikeng gery het.”
Volgens Mokgwabone is dieselfde voertuig Woensdag (1/8) opgemerk wat Lichtenburg binnery met vragmotorbande op. “Die voertuig is gestop en een passasier het probeer weghardloop, maar hy en twee ander verdagtes, onderskeidelik 32, 37 en 38 jaar oud, is vasgetrek.
Daar is vasgestel dat die drietal die bande van vragmotors by Ramatlabama Port of Entry in die polisiëringsgebied van Mahikeng gesteel het.”

’n Gesteelde voertuig. Foto verskaf
In ‘n afsonderlike geval is ses verdagtes aangekeer weens motordiefstal in die Noordwes-omgewing, sê Mokgwabone
“'n Verdagte (41) is Vrydag (2/8) in hegtenis geneem en drie vermoedelik gesteelde voertuie is gekonfiskeer tydens ’n multidissiplinêre operasie in Jouberton Township wat buite Klerksdorp uitgevoer is.”
Volgens Mokgwabone het die span, wat bestaan het uit Provinsiale en Klerksdorpse misdaadintelligensie, voertuigmisdaadondersoekeenheid (VCIU), SA Tracker Connect, Jouberton Sigbare Polisiëring, Versekeringsmisdaadburo (ICB) en Cap Sekuriteit, saamgewerk om drie gesteelde Toyota Etios-voertuie terug te kry.
Daar is glo vasgestel dat die motors tussen Maart 2021 en Oktober 2023 in Alberton en Hartbeespoortdam gesteel is.

’n Gesteelde voertuig. Foto verskaf
Volgens Mokwaboneis nog vyf Mosambiekse buitelandse burgers vir die besit van vermoedelik gesteelde motorvoertuie tydens 'n misdaadintelligensie-gedrewe operasie Donderdag (1/8) in Brits deur die plaaslike Operasionele Koördineringsentrum (OCC in hegtenis geneem.
Die verdagtes, vier mans en 'n vrou is aangekeer nadat lede inligting oor vermoedelik gesteelde motorvoertuig ontvang en geoperasionaliseer het.

’n Gesteelde voertuig. Foto verskaf
Volgens Mokgwabone het die polisie met hul aankoms by die geïdentifiseerde adres gevind dat die verdagtes onderdele van die rooi Mazda CX5 gestroop het. “Die motor is saam met ’n Mahindra en ’n motorfiets, wat ook by die plek gevind is, gesirkuleer en almal het positief getoets,sê Mokgwabone en voeg by dat die Mazda verbind s met 'n saak van motorkaping wat verlede maand in Mmakau aangemeld is.
