On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Kom toets jou kennis in Afrikaanse taalvasvra in Bloemfontein

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:02 Mon, 05 Aug 2024

Kom toets jou kennis in Afrikaanse taalvasvra in Bloemfontein | News Article
Foto: Speak Lekker Afrikaans

“Elke span sal vrae oor taal, geskiedenis, sport, musiek en die Bybel in die gesig staar met net een minuut om elke vraag te beantwoord.”

Afrikaans is mos lekker. Kom toets jou kennis, taalvaardighede en woordeskat met ’n verskeidenheid taalvasvrae en kyk hoe goed jy vaar. 

“Die Ou Presidensie Historiese Vereniging bied vanjaar sy derde vasvra aan om sy jaarlikse Afrikaanse Taaldag te gedenk,” sê Jeronimo Conradie, sekretaris van die Ou Presidensie Historiese Vereniging (FAK) en voeg by dat die FAK op die voorgrond is in die stryd vir die bewaring en bou van ons moedertaal, Afrikaans.

‘Een minuut om elke vraag te beantwoord’

Spanne van drie sal teen mekaar meeding en punte op die telbord verdien vir die meeste korrekte antwoorde. “Elke span sal vrae oor taal, geskiedenis, sport, musiek en die Bybel in die gesig staar met net een minuut om elke vraag te beantwoord,” verduidelik Conradie.

Die vasvra word Saterdag 17 Augustus om 14:00 by die NG Kerk Hospitaalpark gehou. Toegang is gratis en toeskouers is meer as welkom. 

Daar is groot pryse om te wen as jy flink en vinnig kan dink en antwoord. Foto verskaf

Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 in Gideon Malherbe se huis in die Paarl gestig deur ’n groep Afrikaanssprekendes van die Suidwes-Kaap. Agt mans, behalwe Malherbe, was teenwoordig op die eerste vergadering waar Afrikaans eers as ’n spreektaal en toe as ’n skryftaal bekend geword het. Die meeste van die stigterslede was afstammelinge van die Hugenote.

Die GRA is gestig onder leiding van ds. S.J du Toit, die digter Totius (foto), se pa. Foto: GKSA-argief

Die genootskap het vanaf 15 Januarie 1876 ’n joernaal, Die Afrikaanse Patriot, asook verskeie boeke soos woordeboeke, religieuse materiaal en geskiedenisboeke gepubliseer. Die Afrikaanse Patriot het in 1905 doodgeloop.

Die Eerste Taalmonument is op 18 Januarie 1893 op Burgersdorp onthul en is ’n mylpaal in die taalgeskiedenis van die Afrikaner. Die Eerste Taalmonument staan ook bekend as die Nederlandse Taalmonument. Die Tweede Taalmonument is in 1975 voltooi om die halfeeu te gedenk van die amptelike erkenning van Afrikaans as ’n selfstandige taal afsonderlik van Nederlands.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.