On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Minnaar gevonnis ná skoot 62-jarige op Vrystaatse plaas eis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:55 Tue, 06 Aug 2024

Minnaar gevonnis ná skoot 62-jarige op Vrystaatse plaas eis | News Article
Armand Opperman. Foto: Facebook

“Hy beweer dat hy per ongeluk die vuurwapen afgevuur het toe hy aan die sneller geraak het, wat tot die doodskoot gelei het.”

’n Oudveeboer van die Vrystaat se eks (39) is effektief 17 jaar tronkstraf opgelê ná ’n voorval waarin die 62-jarige sy lewe verloor het.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het Armand Opperman Maandag (5/8) gevonnis vir talle aanklagte, waaronder strafbare manslag en die onwettige besit van ’n vuurwapen, sê ao. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Lance Arthur da Silva, met wie Opperman voorheen in ’n verhouding was, is op 3 Mei verlede jaar met ’n skietwond aan die linkerkant van sy kop, naby sy linkerslaap, in die hoofslaapkamer van die plaas Windpoort in die distrik Rouxville aangetref.

‘Ná die voorval het Opperman met ’n Isuzu bakkie gevlug’

Volgens Kareli het Opperman beweer dat hy per ongeluk die vuurwapen afgevuur het toe hy aan die sneller geraak het, wat tot die doodskoot gelei het.

Ná die voorval het Opperman, wat na bewering saam met da Silva op die plaas gewoon het, met ’n Isuzu-bakkie van Da Silva en verskeie ander items na die Oos-Kaap gevlug. Hy is egter twee dae later in Gqeberha deur lede van ’n spesiale patrollie-eenheid aangekeer.

“Hy het op 29 Mei sy borgtogaansoek laat vaar en was in aanhouding tot sy vonnisoplegging,” sê Kareli.

‘Opperman het ook tronkstraf gekry vir die onwettige besit van vuurwapens’

Opperman is tot 14 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Boonop het hy ’n vonnis van tien jaar gekry vir strafbare manslag wat verband hou met die skietdood.

Van die tien jaar vonnis moet agt jaar saam met die vonnis vir roof met verswarende omstandighede uitgedien word, wat ’n tronkstraf van effektief twee jaar vir die klag van strafbare manslag tot gevolg het.

Opperman het ook 18 maande tronkstraf gekry vir die onwettige besit van vuurwapens, waarvan een jaar saam met die strafverswarende roofvonnis uitgedien sal word. Dit lei tot ’n bykomende effektief ses maande gevangenisstraf vir die vuurwapenklag.

‘Twaalf maande moet saam met die roofvonnis uitgedien word’

“Opperman is 18 maande tronkstraf opgelê vir die onwettige besit van ammunisie.

Van hierdie vonnis van 18 maande moet twaalf maande saam met die roofvonnis uitgedien word, wat lei tot effektief nog ses maande gevangenisstraf,” sê Kareli.

OFM Nuus mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.