On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap het die minste tienerswangerskappe

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:42 Wed, 07 Aug 2024

Noord-Kaap het die minste tienerswangerskappe | News Article
Die getal tienerswangerskappe is kommerwekkend. Foto: iStock

“Altesaam 1 226 meisies van tien tot 14 jaar en 19 246 meisies van 15 tot 19 jaar se swangerskap is beëindig.”.

Die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes het die laagste tienerswangerskapsyfer.

Dié statistieke is Dinsdag (6/8) deur die Departement van Gesondheid bekendgemaak. Volgens die departement het 2 716 meisies van tien tot 14 jaar tussen April verlede jaar en Maart vanjaar geboorte gegee.

“Dit is meisies wat op laerskool of in die laer grade van hoërskool is,” sê Foster Mohale, Noord-Kaapse gesondheidswoordvoerder. Boonop het 119 586 meisies van 15 tot 19 jaar in dieselfde tydperk gekraam.

Die werklike getalle van tienerswangerskappe kan selfs hoër wees. Foto: iStock

Altesaam 1 226 meisies van tien tot 14 jaar en 19 246 meisies van 15 tot 19 jaar se swangerskap is beëindig. 

Mohale sê hierdie syfers sluit geboortes in private gesondheidsorginstellings uit, wat beteken die werklike getalle kan hoër wees en dat sommige jong ma’s nie familieondersteuning het nie, wat hulle dwing om die skool te verlaat om hul baba groot te maak.

KwaZulu-Natal se 610 is die hoogste getal geboortes onder meisies van tien tot 14 jaar landwyd. Gauteng is die naashoogste met 430, die Oos-Kaap 395, Limpopo 375, Mpumalanga 293, die Wes-Kaap 286, Noordwes 151, en die Vrystaat 106. Die Noord-Kaap se 70 is die minste.

In KwaZulu-Natal was die getal tienermeisies van 15 tot 19 jaar wat ’n baba gekry het ook die meeste (30 478), gevolg deur Gauteng (19 406), Limpopo (16 262), die Oos-Kaap (15 827), Mpumalanga (11 435), die Wes-Kaap (9 622), Noordwes (7 525), die Vrystaat (5 395) en die Noord-Kaap (3 538).

Meisies ouer as 15 jaar het die meeste geboorte in KwaZulu-Natal gegee. Foto: iStock

Die departement het projekte ingestel om jong meisies by te staan soos jeugvriendelike sones in hospitale en klinieke. “Hierdie sones word deur jong verpleegsters en dokters beman wat jongmense toelaat om makliker te praat sonder dat hulle voel hulle word veroordeel.”

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.