On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Kinders betrokke by plundery naby Potchefstroom

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:36 Tue, 20 Aug 2024

Kinders betrokke by plundery naby Potchefstroom | News Article
Foto: Potchefstroom Herald

“Ten spyte van ’n pleidooi aan ouers om te verhoed dat kinders by kriminele betogings betrokke is, is met kommer verneem dat sommige kinders Maandag (19/8) in Uitbreiding 11 gesien is.”

Nege mense is in Promosa, Potchefstroom, in hegtenis geneem vir die plundering van ’n winkel in die informele nedersetting Serope. 

Ten spyte van ’n pleidooi aan ouers om te verhoed dat kinders by kriminele betogings betrokke is, is met kommer verneem dat sommige kinders Maandag (19/8) in Uitbreiding 11 gesien is, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder. “Die kinders het hulle versperrings in die pad geplaas en voertuie met klippe gegooi.”

Die VF Plus dring intussen daarop aan dat die JB Marks-munisipaliteit dringende stappe doen om die voortslepende oproer in Potchefstroom in bedwang te bring, sê Marlene Steyn Du Toit. Hulle het ’n skrywe hieroor gerig aan die speaker, Moithoesi Dassie.

‘Die uitdaging is dat die winkeleienaars huiwerig is om verklarings te verskaf’

Volgens Du Toit ontwrig groepe inwoners al geruime tyd sporadies munisipale dienslewering, terwyl protesoptrede wat soms gewelddadig raak. Die N12-hoofweg deur die stad is Maandag byvoorbeeld vir die soveelste keer versper met brandende bande en klippe. Die roete na Ventersdorp is ook versper.

“Albei hierdie roetes is belangrike ekonomiese lewensare, nie net vir Noordwes se ekonomie nie, maar ook vir aanliggende provinsies soos Gauteng en die Noord-Kaap,” sê Du Toit.

Volgens Mokgwabone is die polisie steeds besig om inligting in te win oor verskeie ander winkels wat in Promosa geplunder is. Hy vra winkeleienaars om na vore te kom en verklarings af te lê om die ondersoek te help. “Die uitdaging is dat die winkeleienaars, wat meestal buitelanders is, huiwerig is om verklarings te verskaf.”

Foto: Potchefstroom Herald

Die polisie herhaal dat misdadigheid nie geduld sal word nie en dat diegene wat misdade pleeg swaar gestraf sal word.

Du Toit sê inwoners van Ikageng en Promosa word blykbaar ook geïntimideer om aan wegblyaksies deel te neem. “Hierdie optredes, tesame met die ontwrigting van openbare vervoer, het talle sakeondernemings in die dorp vandag lamgelê.”

‘Die betogings is glo in reaksie op die verhoging in elektrisiteit en munisipale dienstariewe’

Dis van kardinale belang dat die JB Marks-munisipaliteit die onderliggende diensleweringskwessies oplos wat telkens tot sulke ontwrigtende en gewelddadige protesaksies lei, sê sy. “Die VF Plus sal aanhou om die situasie te monitor en druk toe te pas sodat dienslewering in JB Marks tot ’n bevredigende standaard herstel word.”

Mokgwabone sê die betogings is glo in reaksie op die verhoging in elektrisiteit en munisipale dienstariewe. “Die N12-hoofweg wat deur Ikageng gaan, was ’n deel van die dag in beide rigtings versper.

Hoewel die pad intussen weer oopgestel is, word motoriste steeds aangeraai om versigtig te wees.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.