On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

The Other Venue heropen ná beweerde moord deur uitsmyters

───   HEIDRÈ MALGAS 12:23 Thu, 22 Aug 2024

The Other Venue heropen ná beweerde moord deur uitsmyters | News Article
The Other Venue. Foto Gypseenia Lion

“Ná ’n omvattende ondersoek deur die Vrystaatse dobbel-drank-en-toerismeraad is bevind dat The Other Venue volledig aan al die vereistes van hul dranklisensie voldoen.”

The Other Venue maak vandag (22/8) sy deure oop nadat die dranklisensie vir amper ’n maand opgeskort was ná ’n beweerde moord wat deur hul uitsmyters gepleeg is.

“Ná ’n omvattende ondersoek deur die Vrystaatse dobbel-drank-en-toerismeraad (VSDDR) is bevind dat The Other Venue volledig aan al die vereistes van hul dranklisensie voldoen, en daarom sal handelsure terugkeer na die oorspronklik uitgereikte dranklisensie,” lui ’n verklaring van die kuierplek.

Lefa Kalane, waarnemende uitvoerende hoof van die VSDDR, sê hulle het die Donderdag (25/7), ná die aanranding Maandag, op The Other Venue toegeslaan.

OFM Nuus het voorheen berig die besluit van die raad – as die raad wat lisensies uitreik – was om onmiddellik kragtens Artikel 117 van die Drankwet, The Other Venue se dranklisensie tydelik op te skort.

Hulle is nie toegelaat om vir 14 dae handel te dryf nie. Hulle is na die VSDDR ontbied om rekenskap te gee sodat die raad kon besluit of hulle met die handel van rank kan voortgaan of nie. Tot en met die verhoor was hulle egter nie toegelaat om handel te dryf nie.

Dit is onduidelik wat die VSDDR se presiese bevindings was. OFM Nuus het na die raad uitgereik vir die bevindings, maar het nog nie ’n formele verslag ontvang nie.

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.