Central SA
Kimberleyse dokter beboet ná belastingbedrog─── CHARNÉ VAN DER MERWE 11:48 Fri, 23 Aug 2024
“Hierdie oortredings het ingesluit die versuim om BTW-opgawes vir sy praktyk in te dien,” sê Mnisi, “en geen persoonlike belastingopgawes is vir die jare 2015 tot 2022 ingedien nie.”
’n Dokter van Kimberley is Donderdag (22/8) ’n swaar straf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan belastingbedrog.
Fabian Royston Tun (55) is in die Kimberleyse streekhof gevonnis tot ’n boete van R210 000 of sewe jaar tronkstraf omdat hy etlike jare lank versuim het om sy praktyk se belastingopgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in te dien, sê ao. Nomthandazo Mnisi, Noord-Kaapse NVG-woordvoerder.
Hy is op 26 Julie skuldig bevind aan 50 oortredings van die Wet op Belastingadministrasie. Hy is gevolglik pas twee jaar tronkstraf opgelê, opgeskort vir vyf jaar, omdat hy nie sy persoonlike belastingopgawes ingedien het nie.
“Hierdie oortredings het ingesluit die versuim om BTW-opgawes vir sy praktyk in te dien,” sê Mnisi, “en geen persoonlike belastingopgawes vir die jare 2015 tot 2022 nie.”
Tun het al die uitstaande opgawes voor sy vonnisoplegging ingedien. In die sowat sewe jaar wat hy nie opgawes ingedien nie, het Jan Taks ’n potensiële verlies van meer as R17 miljoen gely.
Tloome en Ebeye is op borgtog vrygelaat, maar op 2 Augustus skuldig bevind.
Intussen sal ’n vrou (31), wat glo belastingontduikers in Bloemfontein gehelp het, binnekort in ’n plaaslike hof verskyn weens oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.
Die vrou het na bewering die sakeman Molefi Nephthali Tloome en die Nigeriese rekenmeester Eguleme Dee Ebeye gehelp om die belastinggaarder uit meer as R1 miljoen te bedrieg. Die drietal het na bewering tussen 2018 en 2020 vervalste BTW-opgawes ingedien.
‘Bedrieglike aktiwiteite het verlies van tot R1,2 miljoen tot gevolg gehad’
Die SAID het op die bedrieglike aktiwiteite afgekom, wat ’n verlies van R1,2 miljoen tot gevolg gehad het.
In ’n afsonderlike saak is die Bloemfonteinse sakeman Paul Rafoneke ’n opgeskorte tronkstraf van sewe jaar vir soortgelyke belastingbedrog opgelê, mits hy die SAID teen 2029 terugbetaal.
OFM Nuus/Charne van der Merwe cg
