On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Paartjie van Wesselsbron hof toe oor dwelms

───   HEIDRÈ MALGAS 06:00 Tue, 27 Aug 2024

Paartjie van Wesselsbron hof toe oor dwelms | News Article
Foto ter illustrasie

“Op Sondag (25/8) het die paartjie probeer om die dwelms te vernietig, maar beamptes kon hulle betyds keer.”

’n Man en vrou van Wesselsbron kom na verwagting Dinsdag (27/8) in die plaaslike landdroshof voor op aanklagte van dwelmhandel.

“Lede van Misdaadintelligensie het inligting ontvang oor die paartjie wat in Wesselsbron in dwelms handel dryf,” sê Stephan Thakeng, polisiewoordvoerder.

Lede van Welkom se teenbende-eenheid het die twee se huis saam met Misdaadintelligensie uitgeken en ’n deursoekingsbevel verkry. Die twee het Sondag (25/8) probeer om die dwelms te vernietig, maar beamptes kon hulle betyds keer.

’n Man (34) en vrou (29) is in hegtenis geneem vir dwelmbesit en -handel.

Beamptes het beslag gelê op 15 sakkies tik, 38 sakkies dagga, 19 volle en ’n kwart mandrax-tablet en R2 670 kontant.

OFM Nuus het in Mei berig ’n man (29) en vrou (29) is op Stemdag (29 Mei) in Welkom aangekeer op soortgelyke aanklagte. By die man is ses volle mandrax-tablette, agt pakkies vergruisde mandrax, een pakkie tik en ’n klein bedrag kontant gekry.

Onwettige immigrasie is bygevoeg aangesien die mans nie geldige dokumente gehad het om in die land te wees nie. “By die vrou is daar onder meer ’n groot pakkie tik en R1 600 kontant gevind, waarop die polisie beslag gelê het,” sê Thakeng.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.