On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Wind, koue verhoog brandgevaar in Vrystaat, Noord-Kaap

───   HEIDRÈ MALGAS 11:48 Tue, 27 Aug 2024

Wind, koue verhoog brandgevaar in Vrystaat, Noord-Kaap | News Article
Foto: Morgan Piek

“Sterk oppervlakwinde, 50–70 km/h wat tot 80–100 km/h kan bereik oor die Wes-Vrystaat en suidelike Noord-Kaap, kan ook bydra tot hierdie risiko.”

Die Vrystaat en Noord-Kaap loop Dinsdag (27/8) groot gevaar van veldbrande weens ’n verbygaande koue front.

“Sterk oppervlakwinde van 50–70 km/h, wat tot 80–100 km/h kan bereik oor die Wes-Vrystaat en suidelike Noord-Kaap, kan ook bydra tot hierdie risiko,” sê Johan Breytenbach van die Mangaung-brandbeskermingsvereniging.

‘Enige buitenshuise hittebron kan ’n veldbrand aansteek’

‘Veldbrande kan vinnig begin en versprei,” sê Breytenbach. Daarom moet die publiek verstaan dat enige buitenshuise hittebron, of dit nou brandende rommel of die gebruik van masjinerie is, ’n veldbrand kan aansteek.”

Die gevaar van veldbrande is vandag uiters hoog nadat die Vrystaat sedert Vrydag hoë tot baie hoë gevaar loop. “Veldbrande kan vinnig begin en versprei,” sê Breytenbach. Daarom moet die publiek verstaan dat enige buitenshuise hittebron, of dit nou brandende rommel of die gebruik van masjinerie is, ’n veldbrand kan aansteek.”

Veldbrande sal nou baie vinnig versprei en brand met hoë intensiteit, waarsku hy, en kan uiters gevaarlik word. “Die publiek moet besef dat selfs klein grasbrande uiterste temperature inhou en vinnig handuit kan ruk.

Mense moet op hulle hoede wees en wegbly van aktiewe brande, aangesien vier individue reeds hul lewe verloor het in die Vrystaat weens veldbrande.

Die impak van veldbrande sluit in:

  • Risiko van gelokaliseerde wegholbrande
  • Verlies van landbouproduksie
  • Skade aan informele en formele nedersettings
  • Probleme vir hoë-sydige voertuie op kwesbare roetes
  • Verminderde sigbaarheid as gevolg van stofstorms en rook
  • Moeilike rytoestande

OFM Nuus het vroeër berig brandvoorbereiding moet getref word nie net om jou eiendom te beskerm nie, maar dit is ook die wet.

Grondeienaars moet sorg dat hulle die nodige opgeleide personeel en toerusting beskikbaar het om op te tree sou daar ’n veldbrand op hul grond ontstaan, of daarheen versprei.

Redes waarom brandbane belangrik is:

  • Om te keer dat vuur versprei.
  • Dit vorm beheerlyne vir teenbrande.
  • Dit bied ankerpunte om die omgewing in geografiese blokke op te deel.
  • Dit bied toegang na ’n brand.
  • En ook ’n ontsnaproete waarmee mense en diere weg van die gevaar gelei kan word.

Breytenbach sê grondeienaars het ’n wetlike verpligting om brande te rapporteer.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.