On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Drie in Noordwes vas weens veediefstal

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:30 Tue, 27 Aug 2024

Drie in Noordwes vas weens veediefstal | News Article
Foto: iStock

“Die gesteelde beeste is deur hul eienaar uitgeken, en daar is ook beslag gelê op die Ford Ranger en sleepwa wat in die misdaad gebruik is.”

Drie vermeende veediewe kom na verwagting op 10 Oktober voor in Sannieshof se landdroshof.

Die verdagtes is Vrydag (23/8) tydens ’n gesamentlike operasie in die Ngaka Modiri Molema-distrik aangekeer, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder. “Die verdagtes is by Witpan naby Sannieshof aangekeer terwyl hulle agt bonsmaras op ’n sleepwa vervoer het.

“By navraag kon hulle nie bewys van eienaarskap of vervoerdokumentasie verskaf nie. Daar is later vasgestel dat die beeste op ’n plaas by Migdol gesteel is.”

Bonsmaras. Foto: Cattle Internasional

Die gesteelde beeste is deur hul eienaar uitgeken, en daar is ook beslag gelê op die Ford Ranger en sleepwa wat in die misdaad gebruik is. Die verdagtes, Aaron Kolobe (58), die eienaar van die voertuig en sleepwa, Sedupe Mantlhonyane (50) en Tshwarelo Kobokwe (58) is ná hul aanvanklike hofverskyning Maandag (26/8) op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Tydens die operasie het beamptes 69 boetes uitgereik vir oortredings van die Wet op Diere-identifikasie, 2002 (Wet No. 6 van 2002).

“Voort is drie kampe geïnspekteer, waaronder ’n gemeenskaplike kamp en veeposte rondom Kabe, Makgobistad, Mayeyane, Khunwana en Matshepe,” sê Mokgwabone,

‘Hy is gevonnis tot ’n boete van R75 000 of tien jaar tronkstraf’

In ’n afsonderlike saak in Madikwe, ook in Noordwes, is Sipho Simelela (39) en Mzimkhulu Simelela (64) skuldig bevind aan veediefstal en die besit van vermoedelik gesteelde vee vir misdade wat in November 2022 gepleeg is.

Sipho is Maandag (19/8) skuldig bevind aan die diefstal van 18 beeste van die plaas Klipkuil in Khayakhulu, Madikwe, op 11 Oktober 2022. Hy is gevonnis tot ’n boete van R75 000 of tien jaar tronkstraf vir veediefstal, en ’n bykomende boete van R7 000 of vyf jaar gevangenisstraf vir die besit van vermoedelik gesteelde vee. Die vonnisse moet agtereenvolgens uitgedien word.

Mzimkhulu se vonnis is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy Monki Ramatlapeng, die eienaar van die gesteelde vee, binne vier maande R45 000 betaal.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.