On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Bloemhof-man vermoor glo drie familielede vir versekeringsgeld

───   HEIDRÈ MALGAS 13:25 Thu, 29 Aug 2024

Bloemhof-man vermoor glo drie familielede vir versekeringsgeld | News Article
Moordverdagte, Daniel Mokwai (62). Foto verskaf

“Die familie is begrawe en daar’s gesê hulle het aan natuurlike oorsake gesterf. Voor hulle dood het Mokwai glo vir al drie pasteie gekoop.”

’n Moordverdagte van Bloemhof kom weer Woensdag (4/9) voor in die plaaslike landdroshof nadat hy na bewering drie familielede vir versekeringsgeld vergiftig het. 

“Daniel Mokwai (62) het na bewering familielede oor ’n tydperk van drie jaar om die lewe gebing,” sê Adele Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder. “Die familie is begrawe en daar’s gesê hulle het aan natuurlike oorsake gesterf. Voor hulle dood, het Mokwai glo telkens elkeen ’n pastei gekoop.”

In al drie gevalle het Mokwai suksesvol versekeringseise ingedien. Familielede het agterdogtig geword en hom by die polisie verkla toe hulle besef die oorledenes het almal ’n pastei by hom gekry, ongesteld geword en gesterf.

 ‘Patologieverslae het bevestig hulle is vergiftig’

Al drie se oorskot is daarna opgegrawe en in patologieverslae is bevestig hulle is vergiftig, wat gelei het tot moordondersoeke, sê Myburgh.

In die eerste voorval, op 5 Desember 2020, is ’n seun (16) tussen Phuduhudu en Gopane, naby Bloemhof, dood aangetref. Die seun was ’n familielid van die beskuldigde se vrou.

Die tweede oorledene (17), ook ’n naasbestaande van die beskuldigde se vrou, het op 1 Desember 2021 in die township Boitumelong, Bloemhof, gesterf. Die laaste slagoffer, Mothibi Alpheos Mokwai (31), was die beskuldigde se seun.

‘Meld vermoedelik kriminele aktiwiteite tydens versekeringseise aan’

Hy het op Sondagmiddag 9 Oktober 2022 tuis in Mathysestraat, Bloemhof, gesterf.

Mokwai is as verdagte geïdentifiseer en Maandag (26/8) in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding tot hy Woensdag (4/9) die tweede keer in die hof moet wees, vir regsverteenwoordiging.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, doen intussen ’n beroep op versekeringmaatskappye en die publiek om gevalle van vermoedelik bedrieglike of kriminele aktiwiteite tydens die versekeringseise aan te meld.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.