On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Sluiting van Lesotho-tonnels: Vrystaatse munisipaliteite moet planne bespoedig

───   10:30 Mon, 16 Sep 2024

Sluiting van Lesotho-tonnels: Vrystaatse munisipaliteite moet planne bespoedig | News Article
Pemmy Majodina, David Mahlobo, Seiso Mohai en Saki Mokoena tydens hul oorsigbesoek. Foto: X

“Verskeie waterafdwingingsmeganismes soos waterbeperkings moet deur die munisipaliteite toegepas word.”

Suid-Afrika se minister van water en sanitasie het op besoek aan die Vrystaat ’n beroep op al die betrokke munisipaliteite gedoen om planne te bespoedig voor die beëindiging van watertoevoer uit Lesotho, wat ses maande sal voortduur.

Pemmy Majodina het munisipaliteite Sondag (15/9) gevra om gereed te wees vir die Lesotho-Hoogland-waterprojek se tonnelsluiting oor twee weke. Sy het gevra dat planne bespoedig word om water te voorsien tydens die beëindiging van watertoevoer. Instandinghouding aan die tonnel word beplan vir 1 Oktober tot 31 Maart 2025.

Majodina het Sondag met die burgemeesters van Thabo Mofutsanyana- en Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit op Bethlehem beraadslaag. Sy is vergesel van David Mahlobo, adjunkminister, Seiso Mohai, die adjunkminister van prestasie, monitering en evaluering, en Saki Mokoena, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake.

Majodina het beklemtoon tydens die onderbreking sal geen water van Lesotho aan Suid-Afrika gelewer word nie. “Daarom moet munisipaliteite verseker dat watersekerheidsmaatreëls gehandhaaf word. Verskeie waterafdwingingsmeganismes soos waterbeperkings moet deur die munisipaliteite toegepas word.

“Hoewel sommige munisipaliteite steeds agterbly wat hul gereedheid betref, gee ons as die departement hulle die nodige ondersteuning,”het sy gesê.


Die ses maande lange sluiting sal gesamentlik onderneem word deur die Lesotho-Hoogland-ontwikkelingsagentskap, wat die Lesotho-gedeelte van die tonnelstelsel bedryf en onderhou en die Trans-Caledon-tonnelowerheid wat verantwoordelik is vir die bedryf en instandhouding van die gedeelte in Suid-Afrika.

As gevolg van die tonnelsluiting sal watertoevoer met 80 miljoen m³ verminder word. Foto: X

Die tonnelstelsel vereis dat algemene inspeksies en herstelwerk met tussenposes van ongeveer vyf jaar uitgevoer word om die integriteit en betroubaarheid van die hele watertonnelstelsel te verseker. 

Weens die tonnelsluiting sal 700 miljoen m³ per jaar in 2024 oorgedra word – 80 miljoen m³ minder as die normale watertoevoer.

Die departement van water en sanitasie het egter met noodlenigingsingrypings vir munisipaliteite langs die Caledon-, Wilge-, Vaal- en Rhenosterrivier begin.

Die ingrypings sluit in die opgradering van waterbehandelingswerke, opgradering van rouwaterpompe, opgradering van abstraksiewerke, die bou van nuwe reservoirs, asook die ontwikkeling van grondwaterbronne deur boorwerk en toerus van boorgate.


Majodina sê hoewel al hierdie projekte aan die gang is, is sommige munisipaliteite agter met die implementering van die projekte.  

“Waar nodig, sal die departement van water en sanitasie ingryp om die munisipaliteite te ondersteun om die projekte te voltooi, wat van kritieke belang is om volhoubare watervoorsiening aan gemeenskappe te verseker tydens die sluiting van die tonnelstelsel.”  

OFM Nuus dgcg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.