On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung se inwoners sukkel om waterkoepons te koop

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:43 Sun, 03 Nov 2024

Mangaung se inwoners sukkel om waterkoepons te koop | News Article
Foto: Facebook

Die DA doen 'n dringende beroep op ’n Vrystaatse munisipaliteit om 'n tegniese probleem op te los wat die aankoop van waterkoepons bemoeilik.

Baie inwoners het nie toegang tot water nie omdat die stelsel voortdurend “Error 017”-boodskappe vertoon wanneer hulle probeer om water elektronies te koop, sê Paul Kotzé, DA-raadslid.

“Die DA doen spesifiek 'n beroep op die Mangaung Metro in Bloemfontein om te fokus op die tegniese probleem wat inwoners verhinder om koepons vir voorafbetaalde water te koop.”

 Kotzé sê die DA en die munisipale bestuur het al oor die probleem vergader waartydens die metro vinnige optrede onderneem het.


“Die metro het egter tot op hede geen amptelike verklarings uitgereik om inwoners in te lig oor die oorsaak van die probleem, voorgestelde oplossings of 'n beraamde tydlyn vir oplossing nie.”

Volgens Kotzé vererger die voortdurende stilswye inwoners se frustrasie en hulle verloor vertroue in die metro. “Inwoners verdien gereelde, duidelike opdaterings oor kwessies so kritiek soos toegang tot water.

“Ons doen ’n beroep op die metro om verantwoordelikheid te aanvaar en onmiddellik amptelike kennisgewings rakende hierdie krisis uit te reik.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.