On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Saak uitgestel van Bultfonteinse boere wat oortreders aankeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:20 Wed, 06 Nov 2024

Saak uitgestel van Bultfonteinse boere wat oortreders aankeer | News Article
André Janse van Rensburg (links) en Phillipus de Klerk buite die hof. Foto: OFM Nuus

Twee Vrystaatse boere wat daarvan aangekla word dat hulle twee voornemende plaasaanvallers aangerand het, sal na verwagting weer op 10 Desember in die hof verskyn.

André Janse van Rensburg (54), ’n Bultfonteinse boer en plaaslike veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou is op 18 Oktober in hegtenis geneem en drie dae later op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die tweede verdagte, Phillipus de Klerk (46), het hom op 22 Oktober aan die polisie oorgegee, sê kapt. Stephen Thakeng, provinsiale polisiewoordvoerder.

De Klerk het dieselfde dag in die Bultfonteinse landdroshof verskyn en is ook borgtog toegestaan. Albei mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord, maar Van Rensburg staan ook tereg op ’n bykomende aanklag van crimen injuria.

‘Die groep het die vermeende indringers na die polisiekantoor geneem’

Tydens die hofverrigtinge het landdros Marilize Coetzee gesê die saak sal na die direkteur van openbare vervolging verwys word vir beslissing.

OFM Nuus het op 22 Oktober berig ’n groep mans het na bewering twee oortreders (28 en 33) omstreeks 02:00 op Vrydagoggend (18/9) tydens ’n patrollie op ’n plaas in die distrik aangekeer.

Die groep het die vermeende indringers na die polisiekantoor geneem, maar dit was glo toe en die ligte afgeskakel, aantygings wat volgens Thakeng intern ondersoek sal word.

‘’n Saak van crimen injuria is aanhangig gemaak’

“Die twee oortreders het glo verskeie sigbare beserings gehad het,” voeg hy by. “Hulle hande is met kabelbinders geboei.”

Die polisiebeamptes aan diens ten tyde van die voorval het ’n saak van crimen injuria aanhangig gemaak teen die groep mans wat by die aanranding betrokke was.

Intussen word die twee mans wat hulle aangekeer het, van betreding van private eiendom aangekla. Hulle is op waarskuwing vrygelaat en sal op 11 Desember in die landdroshof verskyn.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.