On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Gebruik welstanddiens, vra Vrystaatse polisie ná selfdood

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:31 Thu, 28 Nov 2024

Gebruik welstanddiens, vra Vrystaatse polisie ná selfdood | News Article
Foto SAPD

Die Vrystaatse polisie vra weer beamptes moet die diens se welstandondersteuning gebruik ná die dood van ’n polisiekonstabel.

Karabo Teele (27), wat verbonde was aan die Parkweg-polisiekantoor, het glo Maandag (24/11) omstreeks 12:00 haar eie lewe in Universitas geneem, sê sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder.

Toe beamptes op die toneel aankom, het hulle die konstabel met skietwonde in die bestuurdersitplek van ’n silwer Volkswagen-voertuig aangetref. Teele is op die toneel dood verklaar.

Haar eie lewe geneem

Die omstandighede rondom haar dood word ondersoek. Dis “uiters hartseer” vir die polisie om enige beampte te verloor, sê lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris. 

“Daarom moedig ons ons beamptes aan om altyd gebruik te maak van ons werknemergesondheid-en-welstanddiens wanneer uitdagings hulle in die gesig staar, veral in hul persoonlike lewe.”

Gebruik jou werknemergesondheid-en-welstanddiens. Foto: iStock

Voel jy angstig of depressief? Daar is hulp. Bel óf die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep by 011 234 4837, óf tolvry vanaf ’n landlyn by 0800 567 567. SMS 31393 of stuur e-pos aan zane@sadag. 

Jy kan ook dr. Reddy se hulplyn tolvry bel by 0800 21 22 23. 

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.