On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater in hof weens misdrywe teen minderjarige

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:00 Fri, 29 Nov 2024

Vrystater in hof weens misdrywe teen minderjarige | News Article
Foto: SAPD

’n Vrystater, wat drie jaar lank van die gereg gevlug het, sal op 11 Desember in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met misdrywe met ’n minderjarige kind.

Die man (25) van Bultfontein staan tereg op aanklagte van verkragting van ’n minderjarige, en aanranding, sê lt.kol. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Die beskuldigde het die 14-jarige na bewering in Desember 2021 verkrag waarna ’n klag by die polisie aanhangig gemaak is. Die verdagte het daarin geslaag om die polisie te ontduik.

Terwyl hy op die vlug was, het die beskuldigde glo die slagoffer genader, haar aangerand en haar aangesê om die verkragtingsklagte terug te trek.

Die beskuldigde het die slagoffer aangesê om die aanklagte terug te trek. Foto: Canva

Hy het toe na ’n familielid se huis in Bloemfontein gevlug, sê Thakeng. 

“Die verdagte het egter besef dat die polisie daadwerklik na hom soek, en na ’n onbekende huis in Hoopstad gevlug.”

Nadat die polisie leidrade opgevolg het, het beamptes op 21 November toegeslaan op die huis waar hy weggekruip het. ’n Vrou, vermoedelik die verdagte se meisie, het aanvanklik vir die polisie gesê dat hy nie daar was nie, sê Thakeng.

Die verdagte is op 21 November in hegtenis geneem. Foto: Canva

Die polisie het volgehou hulle wou die perseel deursoek en het die verdagte aangetref waar hy in ’n slaapkamer weggekruip het. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

Sy vriendin is ook gearresteer omdat sy die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder het.

Albei het verlede week vlugtig in Bultfontein se landdroshof voorgekom toe die saak vir ’n streekhofdatum uitgestel is.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.