On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Welkom: Matriek se vermeende moordenaar in hof

───   HEIDRÈ MALGAS 10:19 Thu, 05 Dec 2024

Welkom: Matriek se vermeende moordenaar in hof | News Article
Thato Tumahole. Foto verskaf

Die kêrel van die gr. 12-leerder van die Welkom High School wat in Mei as vermis aangemeld is, doen na verwagting Vrydag (6/12) in die Welkomse hof aansoek om borg.

Mamello Katleho Seape (22) word beskuldig van Thato Tumahole se ontvoering en moord. Hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.

Tumahole se ma, Pulane, het haar as vermis aangemeld toe sy vroegaand op 10 Mei nie huis toe gekom het nadat sy saam met twee maats gekuier het nie. Sy was egter nie saam met hulle nie en ook nie by haar kêrel nie.

Seape het kort ná haar verdwyning beweer hy het haar laas omstreeks 13:30 op die betrokke dag gesien. Hy is ses dae later op Donderdag 16 Mei in hegtenis geneem.

Gegriefde ma van Thato Tumahole, wie se verkoolde lyk by 'n mynskag in Welkom, Pulane Tumahole, ontdek is. Foto: Skermgreep

Tumahole se oorskot is by ’n myn in Welkom gevind, het Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, destyds gesê. Die mynreddingspan, Welkom se honde-eenheid en ’n polisieondersoekspan is die Woensdag omstreeks 08:00 na ’n uitgediende mynskag ontbied.

“Ná ’n deeglike ondersoek het die span verkoolde, menslike oorskot ondergronds gevind.”

Pulane Tumahole, Thato se ma, vra intussen geregtigheid moet geskied om haar naasbestaandes se hartseer en pyn te help verlig. In ’n emosionele onderhoud op 11 Junie met die SAUK het Pulane haar hartseer en verwarring uitgespreek.

hoekom het hy haar liggaam verbrand?

“My kind Thato sou nog geleef het; haar lewe is kortgeknip deur daardie seun. Ek dink nie hy het antwoorde oor hoekom hy dit gedoen het nie, maar soos die tyd aanstap, sal hy ons miskien vertel hoekom hy dit gedoen het.

“Ek verstaan hy het haar doodgemaak, maar hoekom het hy haar liggaam verbrand? Selfs al het hy probeer om bewyse van wat ook al hy gedoen het te versteek, is dit baie pynlik dat ek uiteindelik my kind se bene sal moet begrawe sonder enige behoorlike struktuur. Ek pleit dat die reg sy gang moet gaan.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.