On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Pogings opgeskerp om mense dié feestyd te beskerm

───   HEIDRÈ MALGAS 11:53 Fri, 06 Dec 2024

Pogings opgeskerp om mense dié feestyd te beskerm  | News Article
Die polisie waarsku reisigers om versigtig te wees met vakansiebesprekings. Foto: acdworkshop

Die polisie skerp hul pogings op om Suid-Afrikaners dié Kerstyd te beveilig deur meer patrollies te hou en bykomende personeel te ontplooi.

Die Noord-Kaapse polisie het veiligheidswenke uitgereik om mense te help om dié tyd met sy eie uitdagings en risiko’s te oorleef.

“Die polisie waarsku reisigers om versigtig te wees met vakansiebesprekings,” sê Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder. “Aanbiedings wat te goed lyk om waar te wees, is dikwels. Dit is noodsaaklik om alle voorwaardes goed deur te lees en te verstaan voor enige ooreenkoms aangegaan word.”

Reisigers moet verseker dat hulle geskrewe kwotasies ontvang en noukeurig nagaan vir die verskaffer se perseel, tesame met hul landlynnommer, maatskappyregistrasie en bewys van toeristevereniginglidmaatskap.

“Die verifikasie van besprekings direk by lugdienste of blyplek word aanbeveel, en onder geen omstandighede moet bankbesonderhede gedeel word wanneer ’n bespreking gemaak word nie.”

Kies liefs instansies wat deur die Toerismegraderingsraad van Suid-Afrika gegradeer is. Verder moet alle bemarkingsmateriaal van die maatskappy nagegaan word vir egtheid.

Sy sê die feestyd is ook ’n spitstyd vir inkopies, wat verhoogde waaksaamheid vereis. Ouers of voogde wat hul kinders saamneem winkels toe, moet beplan, hul kinders noukeurig in openbare ruimtes dophou en jong kinders na toilette vergesel. “Waardevolle besittings moet beveilig word en enige afleiding moet vermy word.”

Hou by veilige en bekende e-handelswebtuistes. Foto ter illustrasie

Kopers word aangeraai om nooit handsakke of beursies onbewaak in inkopiemandjies of op toonbanke te laat nie, selfs nie vir kort oomblikke nie.

Vir aanlyninkopies, hou by veilige en bekende e-handelswebtuistes, verkieslik met betalings deur krediet- of debietkaarte om bedrog te voorkom. 

Die polisie moedig mense aan om enige verdagte gedrag aan te meld deur die MySAPS-app te gebruik of deur 10111 te skakel.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.