On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Egipte en sy mense het Suid-Afrikaners se gebede nodig

───   KAREN VAN DER BERG 11:51 Fri, 06 Dec 2024

Egipte en sy mense het Suid-Afrikaners se gebede nodig | News Article
Die grotkerk in Garbage City het plek vir 20 000 mense. Foto verskaf

Gebede het soveel krag. Dit kan mense aanraak.

Daarom vra Therisa Broekman van die Vaaldriehoek dat mense sal bid vir die inwoners van Egipte. Sy glo dié land is die sleutel wat Christenskap in die Midde-Ooste kan ontsluit.

Sy en haar dogter, Lize, het in Oktober ’n besoek aan die land gebring om ’n konferensie vir Christenpastore aan te bied. Dit het haar lewe en haar uitkyk op die lewe verander, sê sy.

Dié kantoorhoof van PSG op Vanderbijlpark en Lize, ’n fisioterapeut wat nou in George werk, was deel van ’n groep van 20 wat dié konferensie aangebied het. 

Therisa Broekman en haar dogter, Lize, se besoek aan Egipte was lewensveranderend. Foto verskaf

“Die hele doel was om ’n Christenkonferensie aan te bied vir Christenpastore en hul gesin. Sowat die helfte van alle Christene in die Midde-Ooste woon in Egipte. Hoewel hulle hul Christenskap in Egipte mag uitleef, is dit ’n Moslemland en vind onderdrukking van Christene plaas.”

Die doel van die uitreik was om pastore in hul stresvolle omstandighede te bemoedig, hulle byeen te bring en ’n uitlaatklep te gee. “Hulle kan gewoonlik nie oor hulle werk praat nie. Dit was ‘’n wonderlike ondervinding waar ons die Here se werking kon sien,” sê Therisa.

’n Grotkerk in Egipte kan 20 000 kerkgangers huisves. Foto verskaf

Sy vertel daar was wonderlike verhale ná die tyd van hoe verhoudings tussen families herstel is, hoe tieners hul hart vir die Here gegee het en selfs hoe mense se gesondheid verbeter het. 

Die voortslepende oorlog in die Midde-Ooste skrik baie toeriste af om dié wêrelddeel te besoek. Therisa sê hulle was nooit bang nie. Die owerheid doen baie moeite om toeriste veilig te hou.

Hoogtepunte was om besienswaardighede soos die piramides van Giza te besoek. Egipte het ook ’n indrukwekkende grotkerk wat tot 20 000 kerkgangers kan huisves. 

Meer as 800 mense het die konferensie bygewoon. Christene in Egipte is onder druk en die ligging kan nie bekendgemaak word nie. Foto verskaf

“’n Groot hoogtepunt was om Garbage City te sien. Daar is geen amptelike vullisverwydering in Kaïro nie. ’n Groep mense hier voer ’n bestaan daaruit om vullis te versamel, bruikbare artikels te herwin of nuwe artikels daaruit te skep. Hulle het hulle eie stad gemaak wat as Garbage City bekend staan.”

Nog ’n projek waarby Therisa betrokke is, is om geld in te samel vir mense van Libanon.“Hulle het erg onder die oorloë deurgeloop en kry werklik swaar.”

OFM Nuus/Karen van der Berg dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.