On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Rouxville-plaasmoord: Vier verdagtes weer Dinsdag in hof

───   HEIDRÈ MALGAS 11:59 Wed, 11 Dec 2024

Rouxville-plaasmoord: Vier verdagtes weer Dinsdag in hof | News Article
Vier verdagtes het Dinsdagmiddag vlugtig voorgekom in die Rouxville-landdroshof nadat die boer Saterdag in omgewing van Goedemoed in die Suidoos-Vrystaat noodlottig in die kop geskiet is. Foto: Heidrè Malgas

Die vier verdagtes wat na bewering ’n boer van Rouxville om die lewe gebring en sy vrou ontvoer het, kom weer Dinsdag (17/12) voor in die plaaslike landdroshof.

Hulle het Dinsdagmiddag vlugtig voorgekom nadat die boer (52) Saterdag in omgewing van Goedemoed in die Suidoos-Vrystaat noodlottig in die kop geskiet is.

Die identiteit van die vier verdagtes kan eers bekendgemaak word nadat hulle gepleit het op die aanklagte van verkragting.

Hulle word aangekla van moord, verkragting, huisbraak en besit van gesteelde items, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen. Een van die verdagtes het twee aanklagte van moord teen haar.

Die identiteit van die vier verdagtes kan eers bekendgemaak word nadat hulle gepleit het op die aanklagte van verkragting. Foto: Facebook

Dié vrou (21) word ook aangekla van die moord op haar susterskind (2). Sy het erken dat sy saam met haar kêrel (28), wat ook by die plaasmoord betrokke was en later in ’n skietery met die polisie gesterf het, die tweejarige dieselfde naweek gemartel en vermoor het; daarom staan sy tereg op twee aanklagte van moord.

Sy het onthul dat sy en haar kêrel die kind Vrydag (6/12) van Reddersburg na Goedemoed geneem het. Onderweg het die kêrel volgens haar erkentenis die kind herhaaldelik aangerand en hom geskop. Die verdagtes het daarna hul reis voortgesit, terwyl hulle die kind bewusteloos agtergelaat het.

Die paartjie het die kind in ’n blou gordyn toegedraai en hom op ’n plaas in die omgewing van Goedemoed agtergelaat. Lede van die teenbende-eenheid het vinnig op die verdagte se erkentenis gereageer en die toneel bereik waar die kind se liggaam, toegedraai in die gordyn, gevind is.

‘Die tweejarige is op die toneel dood verklaar’

Nood- mediese dienste, die plaaslike misdaadrekordsentrum, Goedemoed se polisie en die forensiese patologiedienste is na die toneel ontbied, sê Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Die tweejarige is op die toneel dood verklaar. Voorlopige ondersoeke het uitgebreide kneusings aan sy bo- en onderlyf aan die lig gebring. Verdere ondersoeke het die polisie gelei na die biologiese ma van die oorlede kind op Reddersburg.”

Die verdagtes word ook aangekla van die verkragting en ontvoering van die boer se vrou.


Luidens aanvanklike berigte is net drie verdagtes aangekeer, terwyl een noodlottig gewond is tydens hul inhegtenisneming, maar in werklikheid is vier wel aangekeer en het voor die hof verskyn.

Die boer (52) is Saterdag in die kop geskiet, maar sy vrou (45) is ontvoer en later gered. Sy is op ’n angsvolle reis deur verskeie dorpe geneem terwyl die verdagtes haar na bewerig gedwing het om geld by talle OTM’s te onttrek.

Sy het vroeg Sondagoggend daarin geslaag om ’n noodboodskap vanaf haar selfoon te stuur.

‘Sy is gered en het mediese aandag ontvang’

Die gesteelde motor is nagespoor na ’n plaas in die Tierpoort-omgewing, sê Earle. Bloemfontein se blitspatrollie het die voertuig opgespoor met die vrou steeds daarin saam met die vier verdagtes. 

Sy is gered en het mediese aandag ontvang om te bepaal of nog aanklagte gevoeg moet word.

Tydens die optrede is ’n verdagte gewond en na die hospitaal geneem, waar hy oorlede is. Die ander is ingebring vir ondervraging. Die polisie het vuurwapens binne-in die voertuig gekry.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.