On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat-polisie vra help soek verdagtes ná rooftog by vulstasie

───   MORNÉ VAN ROOYEN 14:25 Tue, 17 Dec 2024

Vrystaat-polisie vra help soek verdagtes ná rooftog by vulstasie | News Article
’n Soektog na die verdagtes het tot dusver niks opgelewer nie. Foto: Canva

Die polisie in Bloemfontein vra die publiek moet hulle help om twee gewapende rowers op te spoor wat toegeslaan het op ’n vulstasie in die voorstad Hospitaalpark.

Die twee onbekende mans het die motorhawe in Currielaan omstreeks 22:20 Saterdagaand (14/12) binnegegaan. Die een het ’n blou oorpak en ’n rooi hoed gedra en die ander ’n blou top, ’n hoed, swart broek en blou masker, sê Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. 

Die een in die blou oorpak het na bewering die kassiere genader en ’n vuurwapen op haar en nog ’n werknemer gerig. Een van die verdagtes het agter die toonbank ingegaan en hom gehelp aan kontant uit die kasregister en sigarette.

‘Verdagtes het met die gesteelde sigarette en kontant op die vlug geslaan’

Twee klante, wat juis toe in die motorhawewinkel was, is agter die toonbank ingedwing, sê Kareli. Een is oor die kop geslaan met ’n vuurwapen en beroof.

Geen skote is afgevuur toe die verdagtes met die gesteelde sigarette en kontant op die vlug geslaan het nie. Die polisie is kort daarna ontbied. Hulle ondersoek nog die saak van roof op ’n sakeperseel.

Beamptes se soektog na die verdagtes het tot dusver niks opgelewer nie; daarom vra die polisie enigeen met inligting wat hulle in die ondersoek kan help, moet speurkol. Ben Bolsiek van die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad by 082 466 8530 bel of Stop Misdaad by 08600 10111. Wenke kan anonieme gedeel word op die MySAPS-app.

‘Twee verdagtes het na bewering die slagoffer aangerand’

Begin November het beamptes van Parkweg-polisiekantoor se misdaadvoorkomingseenheid in samewerking met die ondersoekspan, twee verdagtes aangekeer wat ’n student in die nabygeleë Universitas na bewering van twee selfone beroof het, het ao. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, toe gesê.

“Die voorval het Saterdag (3/11) omstreeks 06:00 plaasgevind toe die twee verdagtes (24 en 32) na bewering die slagoffer (20) aangerand en beroof het.”

Die voertuig van die aanvallers in Universitas vroeër vanjaar. Foto: Skermgreep

’n Video is geneem van die twee mans waar hulle oënskynlik ’n student helder oordag in Universitas oorval en beroof. Daarin kan gesien word hoe twee mans een ná die ander uit ’n donkergrys Mazda te voorskyn kom en die slagoffer aangerand word. Hy was te voet onderweg in John Knoxstraat, Parkwest.

Volgens Kareli het die verdagtes die slagoffer na bewering gepootjie en die selfone gesteel wat uit sy sak geval het.

“Die verdagtes het in hul motor gespring en weggejaag. Die slagoffer het die bestuurder se deur gegryp, maar sy houvas verloor en weer geval.”

OFM Nuus/Morné van Rooyen mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.