On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-man bly in aanhouding weens bootreisskema

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:08 Sat, 15 Feb 2025

Noordwes-man bly in aanhouding weens bootreisskema | News Article
Foto: iStock

’n Man van Noordwes, wat in verband met ’n bootreisskema in hegtenis geneem is, is borgtog geweier en sal na verwagting weer op 20 Maart in die hof verskyn.

Theodore Khumalo (34) het Vrydag (14/2) in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met ’n bedrieglike bootreisskema. Ná twee dae se aansoek om borgtog is sy versoek egter geweier, sê kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder.

Khumalo is op 5 Februarie in Bohlokong, Vrystaat, deur die provinsiale handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem.

“Daar word beweer dat ongeveer 30 gemeenskapslede van Bohlokong tussen Maart en Desember 2023 geld aan Khumalo, wat hom as 'n reisagent voorgedoen het, toevertrou het om ’n bootreis na Mosambiek te verseker,” sê Earle.

Verdwyn met fondse

Slagoffers het na bewering bedrae van tussen R5 700 en R7 000 in sy besigheidsrekening gedeponeer, altesaam ongeveer R150 000.

Volgens Earle het Khumalo na bewering met die fondse verdwyn toe die tyd vir die reis aangebreek het.

In ’n ander saak is borgtog aan ’n Upington-polisiekonstabel toegestaan wat aangekla is van verkragting, ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Noord-Kaapse konstabel kry borg ondanks ernstige aantygings | News Article

Luthando Meintjies. Foto: Facebook

Meintjies het na bewering die nag van 15 November saam met die klaagster (23) na sy woning teruggekeer nadat albei gedrink het.

“Die beskuldigde het na bewering geëis dat die klaagster haar ma bel om geld te vra om nog alkohol te koop. Toe sy nie die geld by haar ma kon kry nie, het Meintjies haar na bewering begin aanrand en haar deur die nag meer as een keer verkrag,” het Senokoatsane gesê.

Hy het gesê die klaer het probeer ontsnap deur in die badkamer weg te kruip, maar Meintjies het na bewering die deur afgebreek. “Sy kon egter SMS-boodskappe aan haar oom stuur om hom te vra om haar te kom help.” Die oom is saam met die polisie na die beskuldigde se huis, waarna Meintjies in hegtenis geneem is.  Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.