On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Twee Noordwesters in hof oor beweerde poskantoor-bedrog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:18 Sat, 15 Feb 2025

Twee Noordwesters in hof oor beweerde poskantoor-bedrog | News Article
Die Lethabong-poskantoor. Foto: Facebook

Twee voormalige poskantoorkassiere van Noordwes sal na verwagting op 3 April in die hof verskyn op aanklagte van bedrog.

Dibueng Tshabang (38) en Rachel Mosito (51) het Vrydag (14/2) hul eerste verskyning in die Tlhabane-landdroshof gemaak. Albei is R3 000 borgtog toegestaan, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder.

“Die beskuldigdes is Donderdag (13/2) in Lethabong in hegtenis geneem deur lede van die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad.

Die Valke het ondersoek ingestel na bewerings dat meer as R600 000 tussen 2020 en 2021 by die Lethabong Poskantoor verduister is tydens die administrasie van betalings aan Sassa-begunstigdes.

Meer as R600 000 

“Die ondersoek het aan die lig gebring dat die beskuldigdes meermale geld by die poskantoor onttrek het om begunstigdes te betaal, en wanneer daar geld oor was, sou hulle dit (na bewering) vir persoonlike gebruik neem,” sê Gunya.

Die beskuldigdes sou dan geld van die poskantoor eis om die geld aan te vul wat gebruik is om begunstigdes te betaal, insluitend die gesteelde bedrae.

Saak na handelsmisdaadhof

“Teenstrydighede is tydens ’n inspeksie ontdek, wat tot die ondersoek gelei het,” sê Gunya.

Die saak is tot 3 April uitgestel vir hul eerste verskyning in die handelsmisdaadhof.

Brig. Silas Munzhedzi, waarnemende provinsiale Valke-hoof, en dr. Rachel Makhari, direkteur van openbare vervolging in Noordwes, verwelkom die inhegtenisnemings en die daaropvolgende hofverskyning.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.