Central SA
Noord-Kaap beloof om alle onderwysers eersdaags te registreer─── ZENANDE MPAME 12:45 Fri, 02 May 2025

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement is vol vertroue hy sal alle onderwysers teen die einde van die jaar kan laat registreer by die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Sace).
Die departement maak vordering om die getal ongeregistreerde leerkragte verminder: Verlede jaar het hulle 700 getel, vergeleke met die huidige 44. Die provinsie is onlangs uitgewys as een van vier met onderwysers wat nie geregistreer is nie.
“Op die oomblik het ons net 44 ongeregistreerde opvoeders,” sê Geoffrey van der Merwe, Noord-Kaapse onderwyswoordvoerder. Dis veral onderwysstudente wat nie hul status op die hoogte gebring het nie en aansoekers wat nie die korrekte dokumente na die Sace-stelsel opgelaai het nie.
“Ons maak goeie vordering en glo was dat alle onderwysers teen die einde van die jaar met die paslike dokumente by Sace geregistreer sal wees.
News24 berig amper 500 onderwysers gee klas aan openbare skole in vier provinsies sonder ’n Sace-sertifikaat. Provinsiale onderwysdepartemente is begin vanjaar oor dié probleem ingelig. Die ander drie is Limpopo en die Oos- en Wes-Kaap wat erken het hulle het ongeregistreerde onderwysers in hul diens.
Noordwes het bevestig al sy onderwysers is geregistreer. Navraag is aan die Vrystaatse onderwysdepartement gestuur.
Gebrekkige belangstelling in wiskunde
Intussen het die departement van basiese onderwys bevestig altesaam 464 openbare skole landwyd bied nie wiskunde as vak aan nie, waaronder 31 elk in Gauteng en Noordwes, 19 in die Noord-Kaap en 14 in die Vrystaat.
Business Tech berig leerders moet in gr. 10 vakke kies wat pas by hul belangstellings en voorgenome loopbaan. “Hoewel wiskunde ’n hoëprioriteit-vak bly, het sommige skole moontlik nie die hulpbronne wat nodig is om wiskundige geletterdheid sowel as wiskunde aan bied nie.
Belangstelling aangewakker
In sommige skole stel net enkele leerders daarin belang om wiskunde te neem, wat dit nie haalbaar maak om dit aan te bied nie. Boonop is daar ’n tekort aan bekwame wiskundeonderwysers.
Die departement sê hy werk hard om seker te maak dat alles skole wiskunde aanbied en het ingrypings gereël om dié doelwit te bereik. Vergaderings word maandeliks met provinsiale onderwysdepartemente gereël in uitdagings die hoof te bied en belangstelling in wiskunde as vak te bevorder.