On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-ma wat kind glo met suur gooi, bly agter tralies

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:25 Sat, 03 May 2025

Noordwes-ma wat kind glo met suur gooi, bly agter tralies | News Article
Foto ter illustrasie, iStock

‘n Ma van Noordwes wat na bewering haar kind met suur in die gesig gegooi het, sal Dinsdag (6/5) weer in die hof verskyn, waar sy moontlik aansoek sal doen vir borgtog.

Die beskuldigde (47) het Woensdag (30 April)  haar tweede hofverskyning voor die Molopo-landdroshof in Mmabatho gehad waar sy op aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing verskyn het, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

Die beskuldigde se hofverskynings spruit voort uit ’n voorval wat Dinsdag (22/4) omstreeks 06:30 plaasgevind het.

Myburgh sê die ma het glo die polisie gebel en beweer dat haar dogter (14) suur op haarself gegooi het en in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is.

Vroeë oggendure 

“Ondersoek het egter aan die lig gebring dat die ma in die vroeë oggendure by die huis gekom het, waarna sy haar dogter gevra het om haar na ’n buitekamer te vergesel, waar sy na bewering suur op die meisie se gesig gegooi het.”

Die ma het haar toe self na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Bethany Storro, nog ’n slagoffer wat met suur in haar gesig gegooi is, het gelukkig ’n donkerbril ten tyde van die voorval gedra. Hier is sy op pad na die teater in die Legacy Emanuel Mediese Sentrum. ’n Vrou het suur in haar gesig in die middestad van Vancouver gegooi. Foto: Legacy Emanuel Mediese Sentrum

“Die inhegtenisneming van die ma bied geen troos nie en sal beslis nie die pyn en trauma uitwis wat die kind ervaar het aan die hande van iemand wat veronderstel was om 'n voog, voorsiener en beskermer te wees nie,” sê maj. genl. Patrick Asaneng, waarnemende provinsiale polisiekommissaris.

Hy sê hierdie voorval vereis die aktiewe betrokkenheid en gedeelde verantwoordelikheid van die regering en die burgerlike samelewing om die onderliggende oorsake van sosiale verval aan te spreek wat lei tot misdaad teen kinders, vroue, bejaardes en kwesbares. 

“Geen straf of vonnis wat die verdagte opgelê word, of enige vorm van mediese ingryping, kan die skade ongedaan maak nie. Hierdie onskuldige kind is permanent geskend – fisies, sielkundig en emosioneel.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.