Central SA
UV ontken aantygings oor buitelandse werknemers─── ZENANDE MPAME 13:27 Mon, 05 May 2025

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê bewerings op sosiale media oor die aanstelling van buitelanders is ongegrond.
Die portefeuljekomitee oor hoër onderwys het kommer uitgespreek oor die aanstelling van 141 buitelandse akademici en 26 buitelandse ondersteuningspersoneellede aan die UV. Die komitee het Vrydag 25 Maart in Bloemfontein begin met ’n week lange oorsigbesoek aan naskoolse onderwys- en opleidingsinstellings in die Vrystaat.
Another international award for UFS mathematician, Prof Abdon Atangana
— UFS (@UFSweb) July 6, 2023
??: https://t.co/zGRofiIITw#STEM | #AppliedMathematics | #ProudlyKovsies pic.twitter.com/3M0uiBNo3M
Hulle het 140 buitelandse akademici in diens, sê Lacea Loader, UV-woordvoerder, maar dis minder as 3% van die universiteit se akademiese personeel. Hulle kom uit verskeie lande, soos Zimbabwe, maar almal is nie uit Afrika nie.
Volgens Loader is die persentasie buitelandse akademici aan die UV laer as die nasionale gemiddeld, en bied hierdie personeel waardevolle kundigheid en uiteenlopende akademiese perspektiewe wat die UV se onderrig en navorsing verryk.
Die komitee het die UV versoek om die ontwikkeling en aanstelling van plaaslike talent te prioritiseer en gewaarsku om nie staat te maak op die “skaars vaardighede”-redenasie nie.
Daar is ook kommer uitgespreek oor die onderverteenwoordiging van swart, bruin en Indiër-akademici in professorate en medeprofessorate, wat dui op voortgesette transformasie-uitdagings.
Die UV-bestuur het erken werk moet gedoen word aan billike verteenwoordiging, veral in leierskapsrolle, wat die demografie van die Vrystaat beter weerspieël.
Die sosialemedia-plasing wat die rondte doen. Foto verskaf
Loader sê die teenwoordigheid van buitelandse akademici ondersteun die UV se Visie 130 – om ’n navorsingsgedrewe, studentgesentreerde en streeksbetrokke universiteit te wees.
Sy voeg by dat sekere universiteite in die land selfs ’n hoër persentasie buitelandse akademici het, na gelang van hul inter- en multidissiplinêre fokus en wêreldwye samewerking.