On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Swaar straf gevra nadat jong kinders doodbrand

───   ZENANDE MPAME 09:54 Tue, 06 May 2025

Swaar straf gevra nadat jong kinders doodbrand | News Article
Swaar straf gevra nadat jong kinders doodbrand. Foto: Facebook

’n Egpaar van Reitz in die Vrystaat moet Maandag (12/5) weer in die hof verskyn op aanklagte van kinderverwaarlosing nadat hul baba en peuter doodgebrand het nadat hulle alleen gelos is.

Ben Nhlapho (25) en Palesa Mngomezulu (23) het Maandag vir die eerste keer in dieselfde landdroshof voorgekom toe hul saak met ’n week uitgestel is. Hulle bly in polisieaanhouding.

Vrystaatse polisie ondersoek ’n saak van kinderverwaarslosing nadat die paartjie na bewering hul babadogtertjie van sewe maande en peuter (18 maande) alleen in hul informele nedersetting gelos het om elders te gaan drink, sê Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder.


Die forensiese span ondersoek nog die oorsaak van die moord, sê sy. “Toe die ouers hulle na die plakkershut teruggehaas het, was die polisie en inwoners reeds op die toneel waar albei kinders ongelukkig dood aangetref is. Hulle het onherkenbaar verbrand.”

Luidens berigte is die paartjie by die kuierplek waarheen hulle gegaan het, deur ’n inwoner ingelig van die brand. Toe hulle tuiskom, het hulle die polisie en gemeenskapslede daar aangetref en het dit duidelik geblyk dat die kinders alleen gelaat is.


Premier MaQueen Letshoha Mathae vra die ouers moet swaar gestraf word as hulle skuldig bevind word, aangesien hulle veronderstel was om hul kroos te beskerm.

“Ek is woedend oor die nuus dat die twee babas doodgebrand het nadat hulle ouers hulle alleen gelaat het om te gaan drink. ’n Mens kan jou skaars voorstel watter lyding die kindertjies moes ervaar het.”

‘Dis onaanvaarbaar dat twee kosbare lewens op dié wyse verloor is’

Sy beskryf die voorval as nog ’n wrede herinnering aan die verwoesting wat drank kan saai. “Twee kinders, wat heeltemal afhanklik van hul ouers was vir beskerming, is alleen gelaat deur ouers wat gaan kuier het.”

Sy meen dis heeltemal onaanvaarbaar dat twee kosbare lewens op dié wyse verloor is. Die reg moet sy gang gaan, meen sy.

OFM News/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.