On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Parkeerterrein-aanranding: Klerksdorper se hofsaak begin

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:40 Tue, 06 May 2025

Parkeerterrein-aanranding: Klerksdorper se hofsaak begin | News Article
Wernich Botha word daarvan beskuldig dat hy Hilton Pretorius (32) vermoor het. Foto: Facebook

Die man van Klerksdorp wat tereg staan vir die noodlottige aanranding in ’n plaaslike parkeerterrein, se hofsaak begin Woensdag (7/5).

Wernich Botha (33) sal op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn ná ’n voorval in September 2023.

Botha word daarvan beskuldig dat hy Hilton Pretorius (32) vermoor het én die plaaslike sakeman PW Roos probeer vermoor het. Die beweerde aanranding het buite ’n kroeg in Klerksdorp plaasgevind. 

Dodelike liefdesdriehoek? Hilton Pretorius en Natasha Fisher. Foto: Facebook

Pretorius het 18 dae ná die aanval aan kopbeserings beswyk, terwyl Roos van ’n skouerbesering herstel het. Botha is kort ná die voorval in hegtenis geneem, maar is later op borgtog van R2 000 vrygelaat.

OFM Nuus het vroeër berig dat die saak oorspronklik op 27 Januarie in die Klerksdorpse streekhof sou begin het, maar dit is uitgestel terwyl die direkteur van openbare vervolging (DOV) die aanklagte hersien het. Die DOV het oorweeg om die aanklag van poging tot moord na aanranding en strafbare manslag te wysig, maar het eindelik besluit om met die meer ernstige aanklagte voort te gaan.

’n Video van die voorval, wat wyd op sosiale media versprei is, wys hoe Pretorius bewusteloos en bedek met bloed lê in die parkeerterrein naby Cadillac se 60’s Pub in die voorstad Doringkruin.

Klerksdorp-aanranding: Verdagte pleit onskuldig, verhoor begin in 2025 | News Article

Hilton Pretorius. Foto: Facebook

Die beeldmateriaal wys glo ook hoe Roos ineenstort nadat hy geslaan is – na bewering terwyl hy probeer ingryp het in die aanranding op Pretorius.

Die woordewisseling het vermoedelik ontstaan uit ’n geskil waarby Botha se destydse meisie, Natasha Fisher, betrokke was. Botha het na bewering die aand van die aanval vir Fisher – wat voorheen in ’n verhouding met Pretorius was – saam met Pretorius by ’n huis gevind. 

Hy is van voorneme om onskuldig te pleit.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.