On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Eerste van drie Bloemfonteinse konstabels ter ruste gelê

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:40 Thu, 08 May 2025

Eerste van drie Bloemfonteinse konstabels ter ruste gelê | News Article
Wyle konst. Boipelo Senoge. Foto: Kekeletso Mosebetsi

Familie, vriende, kollegas en staatsamptenare kom Donderdag (8/5) in die Anglikaanse Kerk St. Peter in Rocklands, Bloemfontein, byeen om afskeid te neem van konst. Boipelo Senoge.

Senoge is een van drie polisiekonstabels wie se liggaam langs die Hennopsrivier in Centurion gevind is nadat hulle as vermis aangemeld is.

Sy het in 2023 by die polisiediens aangesluit en was gestasioneer in die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein.

Mxolisi Dukwana, speaker van die provinsiale wetgewer, en LUR Ntombizanele Sifuba. Foto: Kekeletso Mosebetsi

Konst. Chebekhulu Linda, wat môre begrawe sal word, en konst. Keamogetswe Buys was albei deel van die Vala Umgodi-span wat na Limpopo ontplooi sou geword het.

Die begrafnisprogram is in twee dele verdeel, met familie, vriende en kerklede wat tans die eerste deel van die diens lei.

Die tweede deel van die program sal deur die polisie gelei word, met die voorlesing van die lofrede tydens die formele begrafnisverrigtinge.

Volgens Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is een van die eerbewyse wat waargeneem word, die toedraai van die kis met die landsvlag.

Senzo Mchunu, minister van polisie, MaQueen Letsoha-Mathae, Vrystaatse premier, Shela Polly Boshielo, adjunkminister van polisie, LUR Jabu Mbalula en Gregory Nthatisi, Mangaung se burgemeester. Foto: Kekeletso Mosebetsi

Rouklaers sal ook spesifieke protokol tydens die diens volg. Makhele sê eer word aan die oorledene betoon deur die speel van “The last post” in die begraafplaas, waarna ’n algemene saluut waargeneem sal word.

Rouklaers sal ook spesifieke protokol tydens die diens vir konst. Boipelo Senoge volg. Foto: Kekeletso Mosebetsi

Onder die begrafnisgangers tel Senzo Mchunu, minister van polisie, Shela Polly Boshielo, adjunkminister van polisie, genl. Fannie Masemola, polisiekommissaris, Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae, Mxolisi Dukwana, speaker van die provinsiale wetgewer, LUR’e, en Gregory Nthatisi, Mangaung se burgemeester.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.