On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

‘Kamma-makelaar’ van Noord-Kaap se saak begin eersdaags

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:49 Tue, 13 May 2025

‘Kamma-makelaar’ van Noord-Kaap se saak begin eersdaags | News Article
Ruan Maritz. Foto verskaf

’n Noord-Kapenaar, wat beleggers na bewering uit miljoene bedrieg het, moet weer op 4 Junie in die streekhof verskyn.

Ruan Maritz (30) het Maandag (12/5) in die Hartswater-landdroshof verskyn nadat hy na bewering beleggers uit R2 miljoen bedrieg het, sê kol. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder.

Maritz word daarvan beskuldig dat hy hom as ’n makelaar vir Quick Trade Investment and Forex Trading voorgedoen het, en die klaers en ander beweerde slagoffers geteiken het. Volgens Thebe het die beleggingskontrak bepaal as beleggers 50% bydra, Maritz die res sou bydra.

Hy het egter na bewering nie hierdie ooreenkoms nagekom nie.

Kamma-makelaar van Noord-Kaap uit op R50 000 borgtog | News Article

Ruan Maritz. Foto: Facebook

Die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad het hom op 25 Maart in hegtenis geneem. Hy is die volgende dag op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Intussen moet nog twee Noord-Kaapse verdagtes weer op 4 Junie in die hof verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ’n munisipaliteit uit R3 miljoen bedrieg het. Hul saak is Maandag in die handelshof uitgestel, sê Thebe.

Thato Morake (34) en Ayanda Ndwanya (35), albei werknemers van die Phokwane-munisipaliteit, is op 27 Maart deur die Valke van Kimberley se ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad op Hartswater in hegtenis geneem.

Kontantbetalings glo in hul sak gesteek

Albei beskuldigdes is sedertdien op borgtog van R50 000 elk vrygelaat.

“Die beskuldigdes het na bewering munisipale betalings as direkte deposito’s in die interne finansiële grootboeke aangeteken, terwyl hierdie betalings nie in die bankstate weerspieël is nie.

Blykbaar is die kontantbetalings vir persoonlike gebruik in hul sak gesteek, hoewel dit as wettige deposito’s aangeteken is.

Noord-Kaapse munisipale kassiere op borgtog in R3 miljoen-bedrogsaak | News Article

Thato Morake en Ayanda Ndwanya in die hof. Foto verskaf

Thebe sê die munisipaliteit verwelkom die inhegtenisnemings van die twee amptenare op aanklagte van bedrog, alternatiewelik diefstal en geldwassery.

Kgalalelo Letshabo, munisipale woordvoerder, het voorheen aan OFM Nuus gesê die inhegtenisneming gevolg op ’n intensiewe ondersoek wat deur die munisipaliteit in 2023 uitgevoer is.

“Die finansiële onreëlmatighede wat ontdek is, is aan die owerhede gerapporteer vir verdere ondersoek. Die munisipaliteit sal voortgaan om te voldoen en te verseker dat daar deursigtigheid in die hele proses is.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.