On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse-polisiebeamptes help vrou geboorte gee

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:23 Wed, 14 May 2025

Noord-Kaapse-polisiebeamptes help vrou geboorte gee | News Article
Die polisiebeamptes. Foto verskaf

Twee Noord-Kaapse polisiebeamptes moes onverwags ’n baba vang.

Twee inwoners het Dinsdagmiddag (13/5) die beamptes van die polisiekantoor op Lime Acres ontbied oor ’n vrou wat histeries in ’n woonplek geskree het, sê sers. Omphile Masegela, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Met die aankoms by die huis van die polisiebeamptes, serss. Sehano Khalaki en Thabo Kgomojong, het hulle die vrou gehoor skreeu wat by tye stil geword het.” Volgens Masegela het die beamptes aan die deur geklop, maar toe daar geen reaksie was nie, het hulle die huis binnegegaan waar hulle ’n vrou aangetref het wat oorgehaal was om te kraam.

Die ambulans het kort daarna die ma en die baba na die hopsitaal geneem. Foto verskaf

Die baba is kort daarna gebore, maar die ma en kind was koud en uiters swak. “Terwyl Khalaki die ma bygestaan het, het Kgomojong die nodige hulp gaan soek.”

Die Petra Finsch-mynambulansdiens het kort daarna opgedaag die ma en pasgeborenena die plaaslike hospitaal geneem vir ’n deeglike ondersoek.

Masegela sê die ma en die baba is in ’n stabiele toestand. “Dis net weer ’n bewys dat dit nie net vir die polisie daaroor gaan om hul werk te doen nie, maar ook om dapper en moedig te wees. Dis presies wat hulle gedoen het.”

Foto: What to expect

Hier is ’n paar praktiese en noodsaaklike wenke van What to expect as jy iemand help om die lewe te skenk en daar geen medici byderhand is nie.  

  • Bly kalm en bied gerusstelling 
    Paniek help niemand nie. Hou jou stem kalm en stel die ma gerus dat sy nie alleen is nie.
  • Bel nooddienste onmiddellik 
    Selfs al kan mediese hulp nie dadelik opdaag nie, bel die nooddienste. Hulle kan jou stap vir stap deur die proses lei.
  • Hou die omgewing so skoon as moontlik 
    Skuif die ma na ’n skoon, plat oppervlak. Gebruik skoon handdoeke, komberse of klere. Was jou hande indien moontlik of gebruik handskoene.
  • Ondersteun die ma
    Help haar om op haar rug te lê of op haar knieë te steun met haar knieë gebuig en bene uitmekaar. Laat haar die posisie kies wat die gemaklikste is.
  • Let op na die baba se kop
    Soos die kraamproses vorder, sal die baba se kop begin verskyn (kroon). Moenie trek nie – laat die baba natuurlik kom. Ondersteun die kop saggies met jou hande soos dit uitkom.
  • Lei die skouers saggies 
    Sodra die kop uit is, draai die baba gewoonlik natuurlik na een kant. Lei die skouers saggies een op ’n slag uit – eers die bokant, dan die onderkant.
  • Maak lugweë skoon indien nodig 
    As die baba nie dadelik huil of asemhaal nie, vee die neus en mond saggies af met ’n skoon lap. Stimuleer die baba deur hul rug of voetsole te vryf.
  • Hou die baba warm
    Droog die baba onmiddellik af en plaas die baba vel-tot-vel op die ma se bors. Bedek albei met ’n warm kombers.
  • Moenie die naelstring sny nie 
    Tensy opgelei en met steriele gereedskap, laat die naelstring aangeheg totdat mediese hulp opdaag.
  • Berei voor vir die plasenta
    Die plasenta sal gewoonlik binne 10–30 minute uitkom. Moenie daaraan trek nie. Plaas dit in ’n skoon houer as dit natuurlik loskom.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.