On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

By NAMPO? Kom skenk bloed en red ’n lewe

───   05:30 Thu, 15 May 2025

By NAMPO? Kom skenk bloed en red ’n lewe | News Article
Die SANBD-span by NAMPO 2025. Foto: OFM

Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) doen ’n dringende beroep op Nampo-besoekers om bloed te skenk.

Die SANBD het ’n teiken van 200 eenhede bloed by vanjaar se NAMPO Oesdag gestel vir besoekers wat van die geleentheid wil gebruik maak om by die ekspo bloed te skenk. 

Solomon Manyane, ’n verteenwoordiger van SANBD, sê hulle is nog ver van hul mikpunt. “Gister (Dinsdag) het ons net 29 eenhede ingesamel en vanoggend teen tienuur was ons nog net op drie eenhede. Ons moet minstens 50 eenhede per dag insamel om ons teiken te haal en lewens te red.”

@ofm.agri Visiting #Nampo2025 ? original sound - OFM Agri

Hy het benadruk dat een enkele eenheid bloed tot drie lewens kan red, aangesien dit in drie komponente geskei word – rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies – wat elk gebruik kan word vir verskillende noodsituasies soos ongelukslagoffers, kankerbehandeling, operasies, brandwonde en selfs vir vroue wat geboorte skenk.

Om bloed te skenk, moet jy 16 jaar of ouer wees, minstens 50 kg weeg en in goeie gesondheid wees. SANBD is streng oor die veiligheid van bloed, insluitend veilige leefstylpraktyke. Jonger skenkers moet ’n vorm van identifikasie hê, soos ’n ID of paspoort, om hul ouderdom te bevestig.

Besoekers wat bloed wil skenk, kan SANBD se stalletjie by ingang 2 besoek, waar hulle tot Vrydag 17:00 beskikbaar sal wees.

OFM Agri mvh


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.