On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Reitz-paartjie van kinderverwaarlosing aangekla, vrygelaat op waarskuwing

───   ZENANDE MPAME 11:12 Fri, 16 May 2025

Reitz-paartjie van kinderverwaarlosing aangekla, vrygelaat op waarskuwing | News Article
Reitz-paartjie wat van kinderverwaarlosing aangekla is, op waarskuwing vrygelaat. Foto: Facebook

Die Reitz-paartjie wat van kinderverwaarlosing aangekla word, verskyn weer op Vrydag 6 Junie in die hof vir ’n borgtogaansoek nadat hulle op waarskuwing vrygelaat is.

Palesa Mngomezulu (23) en Ben Nhlapho (25) het Maandag (12/5) in die landdroshof op Reitz verskyn op ’n aanklag van kinderverwaarlosing nadat hul twee kinders onherkenbaar verbrand het toe hulle alleen in ’n plakkershut gelaat is.

Amohelang Mngomezulu (18 maande) en Bokamoso (7 maande) is op Dinsdag begrawe nadat hulle Saterdag 3 Mei omgekom het. “Die hof het albei beskuldigdes gewaarsku ná ’n formele borgtogaansoek om weer in die hof te verskyn,” sê Mojalefa Senokoatsane, Vrystaatse NVG-woordvoerder. 


“Die saak is uitgestel tot Junie vir verdere ondersoek. Die paartjie is vrygelaat en gewaarsku om met hul volgende hofverskyning weer teenwoordig te wees.” Na bewering het Mngomezulu en Nhlapho hul kinders alleen in die plakkershut agtergelaat terwyl hulle gaan drink het. 

Die hut het afgebrand met die kinders daarin. MaQueen Letsoha-Mathae, Vrystaatse premier, het die gemeenskap van die nedersetting Petsana op Reitz veroordeel nadat hulle eie reg gebruik het en twee broers doodgemaak het – een van wie vermoed is dat hy die brand veroorsaak het waarin die kinders omgekom het.

Inwoners het Siphamandla Miya (23) daarvan verdink dat hy die hut aan die brand gesteek het, en hulle het hom in groot getalle gaan soek. By sy huis het hulle sy broer (16) aangetref, hom vir Siphamandla aangesien en noodlottig aangerand.


Toe hulle besef hulle het ’n fout gemaak, het hulle voortgegaan om Siphamandla te soek. Hy is later gevind en aan die brand gesteek nadat ’n buiteband om sy nek gehang en petrol daaroor uitgegiet is.

Die Vrystaatse polisie ondersoek steeds ’n geregtelike doodsondersoek en die oorsaak van die brand. Drie verdagtes (16 en 23) het reeds in die hof verskyn op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en moord in verband met die dood van die twee broers. Die saak is uitgestel.

“Ons is uiters hartseer en ontsteld oor hoe die kinders hul lewe verloor het,” sê Jabu Mbalula, Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer. “Ek wil egter ernstige waarsku teen wraakoptrede. Ek doen ’n beroep op ons gemeenskappe om nie eie reg te gebruik nie.”

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.