On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Vrou van Kimberley vir dwelmhandel aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:21 Sat, 17 May 2025

Vrou van Kimberley vir dwelmhandel aangekeer | News Article
Die verdagte is by die Snake Park- informele nedersetting aangekeer. Foto verskaf

'n Noord-Kaapse vrou sal na verwagting binnekort in die hof verskyn vir die besit van dwelms ter waarde van duisende rande

Die verdagte (33) is Donderdag (15/5) deur ’n multidissiplinêre span van Kimberley by die Snake Park- informele nedersetting in hegtenis geneem, sê sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder.

“Die polisie het gereageer op wenke van die publiek oor dwelmverwante  bedrywighede by verskeie adresse in die myngebiede van Kimberley.”

Volgens Sam het die span tydens die operasie beslag gelê op Mandrax en tik met ’n geraamde straatwaarde van R10 000, asook kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdadige aktiwiteite is.

Die polisie het beslag gelê op die dwelms. Foto verskaf

“Operasie Vala Umgodi is die bewys van onwrikbare toewyding tot die bekamping van onwettige mynbou en gepaardgaande misdadige aktiwiteite.” Hy sê Operasie Vala Umgodi bly toegewyd om te verseker dat alle myngemeenskappe in die Noord-Kaap veilig is. 

Intussen sal ’n Noord-Kapenaar weer op 4 Junie in die streekhof verskyn nadat hy na bewering beleggers bedrieg het. 

Ruan Maritz (30) het Maandag (12/5) in die Hartswater-landdroshof verskyn nadat hy na bewering beleggers uit R2 miljoen bedrieg het, sê kol. Tebogo Thebe, Valkewoordvoerder.


Kamma-makelaar van Noord-Kaap uit op R50 000 borgtog | News Article

Ruan Maritz. Foto: Facebook

Maritz het hom glo as ’n makelaar vir Quick Trade Investment and Forex Trading voorgedoen. Volgens Thebe het die beleggingskontrak bepaal as beleggers 50% bydra sal Maritz die res bydra. Hy het egter nie hierdie ooreenkoms nagekom nie.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het hom op 25 Maart in hegtenis geneem. Hy is die volgende dag op borgtog van R50 000 vrygelaat.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.