On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Ses Vrystaters in hof weens onwettige mynbouaktiwiteite

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:08 Sun, 18 May 2025

Ses Vrystaters in hof weens onwettige mynbouaktiwiteite  | News Article
Ses mense is aangekeer vir die oortreding van die Wet op Minerale en Petroleumhulpbronontwikkeling. Foto verskaf

Ses verdagtes van die Vrystaat sal na verwagting Maandag (19/5) in die hof verskyn vir die oortreding van die Wet op Minerale en Petroleumhulpbronontwikkeling.

’n Operasie wat deur die Operasie Vala Umgodi-span in die Vrystaat uitgevoer is, het gelei tot die inhegtenisneming van ses verdagtes by die Blaawdrift-plaas naby Theunissen, sê lt. kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder

Operasie Vala Umgod is daarop gemik om onwettige mynbouaktiwiteite te bekamp wat teenstrydig is met die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne. 

Die Blaawdrift-plaas naby Theunissen. Foto verskaf

Covane sê die polisie het drie  verdagtes (20, 31 en 32 jaar) gekry wat besig was om sand te myn op die Blaawdrift-plaas naby die R30-pad in Theunissen. Daar is beslag gelê op´n Wit FAW Star-vragmotor wat vol sand gelaai is. 

“In dieselfde gebied is nog drie verdagtes (34, 35 en 41 jaar) ook betrap terwyl hulle sand gemyn het. Die polisie het beslag gelê op ’n vragmotor,´n wit Mercedes-Benz-kippervragmotor en ’n CAT-trekkerlaaigraaf. 

Covane sê ’n saak vir die oortreding van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne 28 van 2002 tesame met die Wet op Edelmetale 37 van 2005 art. 4(1) is by die Theunissen-polisiekantoor aanhangig gemaak. Die verdagtes sal na verwagting in die Theunissen-landdroshof verskyn.

In ’n ander onverwante saak sal sewe verdagtes van die Vrystaat binnekort in die hof verskyn nadat ’n kitsbank in Clarens opgeblaas is. 

Twee van die verdagtes wat in Clarens aangekeer is. Foto verskaf

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die vier verdagtes is Dinsdag (14/5) omstreeks 00:05 naby ’n kitsbank by ’n vulstasie in Clarens opgemerk. Kort daara was daar ’n ontploffing en skote is afgevuur.  ’n Onbekende bedrag geld is gesteel.

“Die verdagtes het in ’n blou Toyota Fortuner met Gauteng-nommerplate gevlug. Die polisie het vinnig gereageer en die inligting versprei. In die vroeë oggendure van 17 Mei is dieselfde voertuig naby ’n kitsbank in Ficksburg gesien.”

Kareli sê die mans en ’n vrou is ná ´n jaagtog in hegtenis geneem.”

“Gevlekte banknote, waarskynlik gesteelde geld uit die kitsbank, is by hulle gevind. Al die verdagtes is buitelanders waarvan vier nie die nodige dokumentasie het nie.”

Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.