On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Slaggate by Philippolis herstel as deel van SUT-projek

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:00 Sun, 25 May 2025

Slaggate by Philippolis herstel as deel van SUT-projek  | News Article
Slaggate word herstel. Foto verskaf

Slaggate word nou by ’n Vrystaaste dorpie herstel as deel van ’n projek tussen ’n Vrystaatse universiteit en die departement.

Die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer en die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), Bloemfontein, het ’n projek van stapel gestuur om slaggate in die R717 by Philippolis te herstel, sê Werner Pretorius, DA-wetgewerlid.

“Die inisiatief om die slaggate te herstel, betrek jongmense van verskeie distrikte.”


Die departement het verlede jaar aangekondig dat hierdie pad herstel sou word deur ’n projek onder leiding van die SUT.

Volgens Pretorius is 650 sertifikate verlede jaar toegeken deur die Slaggat-uitwissingsprogram. Hierdie program is daarop gemik om slaggate uit te skakel, die jeug van die Vrystaat op te lei en te bemagtig, en padveiligheid en padgehalte regdeur die provinsie te verbeter.

Een van die vele slaggate wat voorheen herstel is. Foto verskaf

“Die inisiatief plaas ’n sterk klem op vaardigheidsopleiding en kennisdeling, en bied die studente SETA-geakkrediteerde opleiding.”

Pretorius sê SUT het voorheen verklaar dat voortgesette navorsing verseker dat langtermyn, volhoubare oplossings vir padonderhoud deur die program toegepas word.

Tjaart van der Walt, DA-raadslid, het sy waardering uitgespreek teenoor die konstruksiemaatskappy Raubex vir hul herstelwerk aan slaggate onder meer langs Nelson Mandela-rylaan, tussen die SUT en op die N1 by Bloemfontein.

Volgens Van der Walt is 162 slaggate herstel.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.