On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Man gevonnis vyf jaar ná aanval op Vrystaatse vroueboer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:35 Tue, 27 May 2025

Man gevonnis vyf jaar ná aanval op Vrystaatse vroueboer | News Article
Mimie Jacobs: Foto verskaf

Die wet sal nie toegeeflik weens teenoor enigeen wat die vrede en veiligheid van Suid-Afrikaanse gemeenskappe versteur nie.

Dit is die duidelike boodskap wat die vonnisoplegging moet stuur van ’n beskuldigde wat ’n Vrystaatse vrou wreed vermoor het.

Vyf jaar nadat Mimie Jacobs, voormalige Vrystaatse vroueboer van die jaar, wreed aangeval is op haar plaas, is een van haar aanvallers uiteindelik gevonnis. Moeketsi Mphatlatsa (35) is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy voorheen skuldig bevind is aan aanklagte van roof met verswarende omstandighede, ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Genadeloos, georkestreer

Jacobs is op 22 Februarie 2020 deur Mphatlatsa en twee medepligtiges aangeval. Hulle het haar plaashuis se deur afgeskop, haar hande en voete met draad vasgebind en haar meermale met ’n mes gesteek, sê Senokoatsane. 

“Jacobs is onder andere in die kop gesteek, en die lem het afgebreek. Sy kon haarself ná die aanval bevry en het sowat 7 km na ’n naburige plaas gestrompel om hulp te ontbied.”

Hy sê die aanklaer, Puseletso Ali, het die aanval as “genadeloos en georkestreer” beskryf en beklemtoon dat dit geen gewone geweldsmisdaad was nie. “Dit was ’n doelbewuste, geteikende daad teen ’n kwesbare vrou wat alleen op haar plaas woon, ’n ruimte wat ’n veilige hawe behoort te wees.

LEES OOK: Vroueboer Mimie Jacobs se aanrandingsaak uitgestel oor siek verdagte

“Pleks daarvan is sy geterroriseer, oorweldig en van haar waardigheid en sekuriteit gestroop. Sulke misdade vereis die sterkste moontlike reaksie van die regstelsel.”

Volgens Senokoatsane is Mphatlatsa die enigste van die drie beskuldigdes wat vervolg is. “Twee ander mans is vroeër vandeesmaand vrygespreek weens gebrekkige bewyse.”

Hy sê die NVG het die vonnis verwelkom en gesê dat geregtigheid nie net vir die slagoffer geskied het nie, maar ook vir die breër plattelandse gemeenskap. “Hierdie soort gewelddadige, georganiseerde aanvalle ondermyn veiligheid, waardigheid en maatskaplike samehorigheid, veral op afgesonderde plattelandse gebiede.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.