On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende Noord-Kaapse bedrieër se saak na handelsmisdaadhof oorgeplaas

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:07 Fri, 06 Jun 2025

Vermeende Noord-Kaapse bedrieër se saak na handelsmisdaadhof oorgeplaas | News Article
Ruan Maritz. Foto: Facebook/Ruan Maritz

’n Noord-Kaapse man (30), wat daarvan beskuldig word dat hy beleggers uit miljoene bedrieg het, is gelas om op 25 Junie in die hof te verskyn vir die oorplasing van sy saak na die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof.

Ruan Maritz het Woensdag (4/6) in die Hartswater-landdroshof verskyn op ’n aanklag van bedrog, nadat hy na bewering beleggers uit R2 miljoen bedrieg het, sê kol. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder.

Maritz het na bewering voorgegee dat hy ’n makelaar vir Quick Trade Investment and Forex Trading was en die klaers en ander potensiële slagoffers geteiken. Volgens Thebe het die beleggingskontrak bepaal dat as beleggers 50% van die fondse bydra, Maritz die oorblywende bedrag sou bydra. Hy het egter na bewering nie hierdie ooreenkoms nagekom nie.

‘Kamma-makelaar’ van Noord-Kaap se saak begin eersdaags | News Article

Ruan Maritz. Foto: SAPD

Die Valke se Ernstige Handelsmisdaadondersoekeenheid het Maritz op 25 Maart in hegtenis geneem. Hy is die volgende dag op borgtog van R50 000 vrygelaat.

In ’n ander saak is ’n voormalige Noord-Kaapse polisiebeampte op borgtog vrygelaat en moet hy weer op 9 Junie in die hof verskyn op korrupsieklagte.

Lt.kol. Pieter Andries Nel, voorheen gestasioneer by die Upington-polisiestasie, het Donderdag (29 Mei) in die plaaslike landdroshof verskyn, waar hy borgtog van R20 000 toegestaan is, het die Valke-woordvoerder, lt.kol. Tebogo Thebe, bevestig. Die saak is uitgestel vir ’n eerste verskyning in die streekhof.

Oudpolisieman van Upington kry borgtog | News Article

Die aanklagte teen lt.kol. Pieter Andries Nel van die Upington-polisiekantoor sluit in bedrog, geldwassery en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Foto: SAPD

Nel is Woensdag (28/5) by sy huis in hegtenis geneem deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekeenheid. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Volgens Thebe het Nel as hoof van finansiële dienste vir die polisie in die Z.F. Mgcawu-distrik in Upington gedien, waar hy verantwoordelik was vir die goedkeuring van betalings aan diensverskaffers en die bestuur van verblyf- en reiskoste vir beamptes in Gordonia.

“Tussen 2022 en 2024 het hy na bewering bedrieglike betalings van meer as R1,2 miljoen geskep en goedgekeur, wat toe in sy persoonlike bankrekening gedeponeer is,” het Thebe gesê.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.