On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bly warm, bly veilig: Noodsaaklike veiligheidswenke vir vure tuis dié winter

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:31 Wed, 11 Jun 2025

Bly warm, bly veilig: Noodsaaklike veiligheidswenke vir vure tuis dié winter | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Soos die koue wintermaande aanbreek, wend baie huishoudings hulle tot verwarmers, elektriese komberse, gasbottels en ander verwarmingstoestelle om knus te bly.

Hoewel hierdie items broodnodige gemak bied, bring dit ook potensiële brandgevare mee as dit nie korrek gebruik word nie, berig Electric Choice.

Hier is noodsaaklike brandveiligheidswenke om jou huis hierdie winter warm – en veilig – te hou.

Foto ter illustrasie: iStock

Verwarmers 

Dit is ’n gewilde keuse om die winterkoue mee af te weer, maar hulle kan maklik gevaarlik word as dit verkeerd gebruik word. 

  • Hou verwarmers ten minste een meter weg van enigiets wat kan brand, bv. gordyne, beddegoed en meubels.
  • Moet nooit ’n verwarmer sonder toesig los nie, veral nie oornag, óf wanneer jy die huis verlaat nie.
  • Kontroleer verwarmers vir beskadigde koorde of los drade voor gebruik en vermy die gebruik van verlengkoorde wat kan oorverhit.
  • Plaas verwarmers op ’n plat, stabiele oppervlak weg van looppaaie om te verhoed dat hulle kantel.

Voor jy die kombers gebruik, maak seker hy het nie enige skade of slytasie nie. Foto: iStock

Verhitte komberse

Daar is niks lekkerder as om onder ’n verhitte kombers in te kruip nie, maar dis belangrik om dit versigtig te gebruik.

  • Voordat  jy die kombers gebruik, maak seker hy het nie enige skade of slytasie nie.
  • Skakel elektriese komberse af voordat jy aan die slaap raak, óf die kamer verlaat.
  • Moet nooit ’n elektriese kombers opvou of oprol nie, aangesien dit oorverhitting kan veroorsaak.
  • Vermy dit om enigiets bo-op ’n aangeskakelde elektriese kombers te plaas, insluitend ander komberse of troeteldiere.

Gasverhitting 

Dit is ’n baie gewilde keuse in die winter, maar dit dra ’n hoër brand- en ontploffingsrisiko as dit nie veilig bestuur word nie.

  • Sorg vir goeie ventilasie wanneer gasverwarmers gebruik word om die opbou van skadelike dampe te vermy.
  • Kontroleer vir lekkasies deur seepwater op die gasslang aan te wend en vir borrels te kyk. Moet nooit ’n vlam gebruik om dit te kontroleer nie.
  • Skakel gasverwarmers af en maak die gasbottelklep toe wanneer dit nie gebruik word nie.
  • Bêre gasbottels buite, in ’n regop posisie en weg van direkte sonlig of hitte.

Hou kerse weg van enigiets vlambaars, soos gordyne, boeke en komberse. Foto: iStock

Houtkaggels en koolstowe 

Houtkaggels sorg vir hitte en atmosfeer, maar benodig gereelde onderhoud en sorg.

  • Gebruik ’n behoorlike vuurskerm om te verhoed dat vonke en kole ontsnap.
  • Maak skoorstene gereeld skoon om roet- en kreosootopbou te voorkom.
  • Moenie vlambare vloeistowwe gebruik om ’n vuur mee te begin nie.
  • Blus vure heeltemal voordat jy gaan slaap of die huis verlaat.

Kerse

Kerse en oop vlamme is ’n algemene oorsaak van huisbrande.

  • Hou kerse weg van enigiets vlambaars, soos gordyne, boeke en komberse.
  • Moet nooit ’n brandende kers onbewaak laat of daarmee aan die slaap raak nie.
  • Gebruik stewige, nievlambare kershouers en plaas dit op ’n stabiele oppervlak.

Moenie toelaat dat komberse oor verwarmers hang. Foto: iStock

Elektriese toestelle

Die Winter beteken dikwels dat meer elektriese toestelle ingeprop is, wat die risiko van elektriese brande verhoog.

  • Moenie kragpunte oorlaai met verwarmers, elektriese komberse en ander toestelle alles gelyktydig aangeskakel  nie.
  • Vermy die aaneenskakeling van verskeie verlengkoorde of kragstroke.
  • Skakel toestelle af en ontkoppel hulle wanneer hulle nie gebruik word nie.

Nog veiligheidswenke 

Volg hierdie verder wenke deur FastAid vir die winter:

  • Moenie toelaat dat komberse oor verwarmers hang of aan verhitte oppervlaktes raak nie.
  • Vermy die plasing van swaar beddegoed oor elektriese komberse wanneer hulle aangeskakel is.
  • Installeer rookalarms in elke slaapkamer en leefarea – en toets dit maandeliks.
  • Hou ’n brandblusser en brandkombers in jou huis en maak seker dat almal weet hoe om dit te gebruik.
  • Stel ’n ontsnappingsplan op en oefen dit saam met jou gesin in geval van ’n brand.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.