On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noordwester se borg toegestaan, verskyn weer binnekort

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:33 Fri, 13 Jun 2025

Noordwester se borg toegestaan, verskyn weer binnekort | News Article
Michael Deysel (links) is na bewering deur Braam Rees van der Westhuizen (regs) aangerand. Foto verskaf

’n Vermeende aanrander van Noordwes is borgtog van R1 000 toegestaan ná ’n vertraging in sy aansoek wat veroorsaak is deur teenstrydige verklarings tussen hom en die ondersoekbeampte.

Braam Rees van der Westhuizen (25) moet weer op 25 Julie in die Klerksdorpse landdroshof verskyn terwyl die ondersoek voortduur, sê Sivenathi Gunya, provinsiale NVG-woordvoerder.

Van der Westhuizen staan tereg op ’n aanklag van poging tot moord ná die aanranding op Michael Deysel (26), wat die slagoffer met ernstige geheueverlies gelaat het.

Tydens sy borgtogverhoor Maandag (9/6) het Van der Westhuizen beweer dat hy nie ’n vlugrisiko is nie en aan die hof gesê hy het nie eens ’n paspoort nie.

Klerksdorper kritiek ná aanval | News Article

Michael Deysel is tans kritiek, maar stabiel. Foto verskaf

Dit is egter weerspreek deur die ondersoekbeampte, wat ’n beëdigde verklaring ingedien het waarin berigte aangehaal word dat Van der Westhuizen moontlik beplan het om die land te verlaat. Die polisie het sedertdien as voorsorgmaatreël op sy paspoort beslag gelê.

OFM Nuus het voorheen berig dat Van der Westhuizen hom op 30 Mei aan die polisie oorgegee het, nadat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Beamptes het die vorige dag probeer om hom by sy huis aan te keer, maar hy was uithuisig.

Deysel, ’n kelner by ’n plaaslike restaurant, is na bewering op 17 Mei aangeval deur Van der Westhuizen, wat met Deysel se eksmeisie uitgaan. Dit is ook bevestig dat die eksmeisie Deysel se kind verwag.

'n Saak van poging tot moord word ondersoek. Foto verskaf

’n Ooggetuie het aan OFM Nuus gesê dat Deysel hewig gebloei het uit kopwonde en dit lyk asof hy oor die teerpad gesleep is.

Deysel is in ’n kritieke maar stabiele toestand met breinbloeding in die Tshepong- tersiêre staatshospitaal opgeneem. Hy is sedertdien ontslaan.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.