On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse prokureur aangekeer ná bedrog van miljoene

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:27 Sat, 14 Jun 2025

Bloemfonteinse prokureur aangekeer ná bedrog van miljoene | News Article
'n Bloemfonteinse prokureur is aangekeer weens bedrog. Foto: iStock

’n Vrystaatse prokureur sal Donderdag (26/6) in die hof verskyn op aanklagte van bedrog van meer as R3 miljoen, diefstal, oortreding van die Wet op Prokureurs en geldwassery.

’n Dagvaarding is op 11 Junie op die praktiserende prokureur (47) van Bloemfontein beteken nadat die Valke die misdade bekend gemaak het, sê ao. Fikiswa Matoti

“Daar word beweer die prokureur is van Januarie 2015 tot Julie 2017 toevertrou met die bestuur van die klaer se boedel wat ongeveer R6 miljoen in kontant ingesluit het.”

Volgens Matoti het die verdagte in plaas daarvan om die geld in ’n die vereiste trustrekening te hou, is die geld na bewering na haar persoonlike bankrekening oorgeplaas. “Hierdie wanbestuur het tot ’n finansiële verlies van ongeveer R3,4 miljoen vir die klaer gelei.” 

‘Wetlike vereiste vir alle praktiserende prokureurs’

Hy sê verdere ondersoek toon die prokureur het gepraktiseer sonder ’n geldige getrouheidsfondssertifikaat. Dit is ’n wetlike vereiste vir alle praktiserende prokureurs. 

'n Strafregtelike saak is aanhangig gemaak en na die Valke verwys wat uiteindelik daartoe gelei het dat die verdagte aangekla is.

Oor etlike jare is prokureurs daarvan beskuldig dat hulle ongeveer R1,4 miljard uit kliënte se trustfondse gesteel het in 561 aangemelde sake, maar slegs 59 skuldigbevindings is verkry – en slegs 25 het tot tronkstraf gelei, berig The Citizen.

In die 2023/24-boekjaar het die Padongelukfonds byna 1 000 klagtes ontvang wat verband hou met bedrog deur regslui met 417 sake wat na die polisie verwys is.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.