On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Talle verdagtes in Noord-Kaap aangekeer vir onwettige mynbou en dwelmhandel

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:11 Sun, 15 Jun 2025

Talle verdagtes in Noord-Kaap aangekeer vir onwettige mynbou en dwelmhandel | News Article
Die publiek word aangemoedig om misdaad aan te meld. Foto: SAPD

In onlangse operasies in die Noord-Kaap is minstens16 verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbou en verwante misdadige aktiwiteite.

Hulle sal Dinsdag (17/6) in die onderskeie landdroshowe verskyn. Agt verdagtes van 24 tot 49 jaar is die afgelope paar dae in hegtenis geneem in multidissiplinêre, intelligensiegedrewe operasies wat in die Frances Baard-distrik uitgevoer is, sê sers. Merapelo Pilane, polisiewoordvoerder.

“Operasionele spanne bestaande uit proaktiewe en taktiese eenhede het op inligting gereageer en dagga by die Beefmaster- onwettige mynperseel ontdek.”

Pilane sê in ’n afsonderlike voorval is vyf mans by ’n konstruksieterrein in Rhodesdene, Kimberley, in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die land is.

Tik en Mandrax-tablette is op die perseel gevind. Foto SAPD

“Twee mans is Donderdag (12/6)  in ’n informele nedersetting naby Tlhageng, Galeshewe, in hegtenis geneem vir dwelmhandel. Die polisie het ook beslag gelê op tik en Mandrax-tablette.”

In De Beershoogte, Barkly-Wes, is ’n man (31) in hegtenis geneem vir die besit van tik en en Mandrax-tablette. Al die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Kimberley en Barkly-Wes verskyn.

Die polisie en snuffelhonde besig om na dwelms te soek. Foto SAPD

Volgens Pilane is die polisie  vasberade om onwettige mynbouaktiwiteite en gepaardgaande misdadige ondernemings in die Noord-Kaap uit te roei.

“Die Noord-Kaap sal deur Operasie Vala Umgodi voortgaan om wet en orde in onwettige mynbougebiede oor die provinsie heen te herstel.”

Talle verdagtes is in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. Foto SAPD

Enigeen met inligting oor misdadige aktiwiteite kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel of anonieme wenke stuur via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.