On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse hospitale ‘doodsvonnis vir pasiënte’ – DA

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:45 Mon, 16 Jun 2025

Vrystaatse hospitale ‘doodsvonnis vir pasiënte’ – DA | News Article
Die Vrystaatse se hopsitale is in haglike teostande. Foto Argrief

Die Vrystaatse departement van gesondheid het vir te veel inwoners ’n doodsvonnis geword weens die voortgesette versuim om basiese gesondheidsorgdienste en medikasie te voorsien wat lewens kan red.

David Masoeu, DA-wetgewerlid, wys daarop in November 2024 is berig klinieke in Mafube-munisipaliteit het ou medikasie uitgegee. Dit was nie ’n uitsonderlike voorval nie.

“In 2025 het soortgelyke berigte uit Oranjeville … na vore gekom, wat op ’n gevaarlike en sistemiese ineenstorting van basiese gesondheidsorgdienste in die Vrystaat dui.” sê dr. Igor Scheurkogel, DA-LP.

“Een van die mees tragiese voorvalle was toe Rudolph Holtzhausen, ’n paramedikus van Sasolburg, op 15 Mei oorlede is,” sê Masoeu “Twee maande lank kon die Sasolburg-kliniek nie vir hom noodsaaklike medikasie voorsien nie. Sy dood kon verhoed gewees het.”

‘Blywende liggaamlike skade’

Volgens Scheurkogel dui twee onlangse gevalle, aangemeld deur Henry Thomas en Itumeleng Mofokeng, daarop dat pasiënte in die Fezi Ngubentombi- (Sasolburg), Pelonomi- (Bloemfontein) en Boitumelo-hospitaal (Kroonstad) óf verkeerd gediagnoseer is, basiese wondversorging geweier is, of weggestuur is sonder noodsaaklike medikasie.

“Twee van hierdie pasiënte het permanente liggaamlike skade en emosionele trauma opgedoen as gevolg van growwe mediese nalatigheid.”

LEES OOK: Asbesrommel by Bloemfonteinse hospitaal hou gevaar in

Hulle sê hierdie mislukkings is nie afsonderlike voorvalle nie; dit is deel van ’n groter ineenstorting van die Vrystaat se openbare gesondheidstelsel. Ten spyte hiervan het die ANC ’n mosie in die nasionale raad van provinsies (NRP) teengestaan waarin die DA dringende ingryping in die Vrystaatse departement van gesondheid versoek het.

“Dit bewys dat ANC-verteenwoordigers in die raad onwillig is om die provinsiale departement tot verantwoording te roep – selfs terwyl mense se lewe verlore gaan.”

Die DA doen die volgende dringende stappe:

  • Toesighoudende besoeke word gedoen en geskrewe vrae sal deur DA-LPW David Masoeu ingedien word om die ware toestande aan die lig te bring.
  • ’n Amptelike klag sal by die Openbare Beskermer ingedien word om growwe nalatigheid in die Vrystaat se gesondheidsfasiliteite te ondersoek.
  • ’n Provinsiale petisie sal van stapel gestuur word om verantwoordbaarheid en dissiplinêre optrede teen onbevoegde amptenare te eis.
  • Hulle sal die saak aanhou opper in die NRP en elke parlementêre meganisme gebruik om dringend hervorming en ingryping af te dwing.

Artikel 27(1)(a) en (2) van die Grondwet van Suid-Afrika bepaal: “(1) Elkeen het die reg op toegang tot (a) gesondheidsorgdienste, insluitend reproduktiewe gesondheidsorg; (2) Die staat moet binne sy beskikbare middele redelike wetgewende en ander maatreëls tref om die geleidelike verwesenliking van hierdie regte te bewerkstellig.”

“Die Vrystaatse regering faal in hierdie grondwetlike plig. Die DA sal aanhou om hulle tot verantwoording te roep totdat elke inwoner van die provinsie die gesondheidsorg ontvang wat hulle verdien.”

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.