On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-polisie vra hulp ná egpaar se skietdood

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:11 Mon, 16 Jun 2025

Noordwes-polisie vra hulp ná egpaar se skietdood  | News Article
George en Wilma Koster. Foto: Pretoria Flying News

Polisie in Rustenburg het ’n klopjag gehou ná die moord op ’n bejaarde paartjie in die parkeerterrein van ’n plaaslike winkelsentrum.

George (69) en Wilma (66) Koster is Saterdag (14/6) doodgeskiet nadat hulle hul voertuig langs ’n wit Kia Rio parkeer en ’n woordewisseling tussen die paartjie en die insittendes van die Kia ontstaan het, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

“Een van die insittendes in die Kia het na bewering ’n vuurwapen gevat en George op ’n kort afstand geskiet. Toe sy vrou probeer ingryp, is sy ook noodlottig geskiet. Albei slagoffers is op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

Ooggetuies berig hulle het verskeie skote tydens die voorval gehoor.


Volgens Myburgh het drie verdagtes van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet. “Die motief vir die aanval bly in hierdie stadium onbekend.”

Myburgh bevestig die polisie het ’n 72-uur-plan geaktiveer wat alle nodige hulpbronne – insluitend misdaadintelligensie, speurders en spesialiseenhede – ontplooi het om die verdagtes op te spoor.

Genl.maj. Patrick Asaneng, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, veroordeel die misdaad beskryf dit as “’n daad van sinnelose geweld”. “Ek doen ’n beroep op diegene wat verantwoordelik is om hulle aan die polisie oor te gee voordat hulle opgespoor word.”


Hy sê die wereld sal nie vernietig word deur diegene wat kwaad doen nie, maar deur diegene wat ongeërg toekyk en niks doen nie. “Ek het die speurders en die opsporingspan opdrag gegee om nie te rus totdat die daders van hierdie afskuwelike misdaad gevind word nie.”

Enigiemand met inligting word versoek om lt.kol. Phatsoane te nader by 082 373 9571 of lt.kol. Murunwa by 082 772 5991.

Alle inligting al vertroulik hanteer word.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.