On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sebokeng-polisie ondersoek moord ná ontdekking van onbekende oorledene

───   ZENANDE MPAME 10:57 Tue, 17 Jun 2025

Sebokeng-polisie ondersoek moord ná ontdekking van onbekende oorledene | News Article
Die Sebokeng-polisie ondersoek ’n moord ná die ontdekking van ’n onbekende oorledene. Foto: Shutterstock

Sebokeng se polisie ondersoek ’n moordsaak ná die ontdekking van die liggaam van ’n onbekende man wie se oë uitgesteek is.

Dit is die tweede onbekende liggaam wat die polisie binne ’n week gevind het. Hulle vra inwoners moet na vore kom met enige inligting wat in hul ondersoek kan help.

Die polisie is na bewering Saterdag (14 Junie) na Sone 10 in Lebohang Mahatastraat in Sebokeng ontbied ná die ontdekking van ’n liggaam. By hul aankoms het hulle die liggaam van ’n man (in sy 20’s) aangetref.

“By nadere ondersoek het die polisie opgemerk dat albei die oorledene se oë uitgesteek is,” sê Nthabiseng Mokhacahane, Gautengse polisiewoordvoerder. “Geen verdere beserings was op die liggaam sigbaar nie, en geen bloedspatsels is op die toneel gevind nie.”

‘Die motief vir die moord is steeds onbekend’

Nooddienste het die man dood verklaar, waarna sy liggaam na die forensiese geregtelike dienste geneem is vir verdere ondersoek. Die motief vir die moord is steeds onbekend, en die polisie is op soek na verdagtes wat met dié grusame moord verbind kan word.

Sy sê die SAPD se Okkultiese Ondersoekeenheid werk onverpoos om die verantwoordelikes vas te trek. Hierdie eenheid ondersoek alle sake waar liggaamsdele van slagoffers verwyder is, hetsy vir haatmisdade of muti-verwante redes.

Sebokeng-polisie ondersoek steeds ’n geregtelike doodsondersoek ná padwerkers ’n ontbinde liggaam ontdek het. Daar word beweer dat padinstandhoudingswerkers op Dinsdag, 3 Junie, die Golden Highway skoon gemaak het toe hulle op die liggaam afgekom het en die polisie ontbied het.

By hul aankoms het die polisie ontdek dat albei bene ’n paar meter van die res van die liggaam gelê het.


“Die oorledene is as manlik geïdentifiseer deur nooddienste, en die liggaam is na forensiese patologie in Sebokeng geneem vir verdere ondersoek. Dit is reeds ’n week later en niemand het nog vorendag gekom om die liggaam te identifiseer of op te eis nie,” sê Mokhacahane.

Die polisie doen ’n ernstige beroep op enigiemand wat ’n geliefde vermis om na forensiese patologie in Sebokeng te gaan om die onbekende mans uit te ken.

Enigiemand met inligting kan die Sebokeng-polisiekantoor anoniem bel by 082 498 9563, of Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.