On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie vra hulp om vermiste mans op te spoor

───   ZENANDE MPAME 15:33 Tue, 17 Jun 2025

Vrystaatse polisie vra hulp om vermiste mans op te spoor | News Article
Vrystaatse polisie vra hulp om vermiste mans op te spoor. Foto verskaf

Die Vrystaatse polisie doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van Paul Basson (38) van Bloemfontein.

Hy is op Vrydag 7 Junie as vermis aangemeld deur sy eksmeisie nadat hy uit sy huurverblyf gesit is. 

Sy werkgewer het bevestig dat hy laas dieselfde dag gesien is toe hy van die werk af vertrek het. Basson is oorspronklik van Wynberg in Kaapstad. Volgens inligting het hy die afgelope vyf jaar in Bloemfontein gewoon. Hy is as vermis aangemeld nadat hy nie huis toe is ná werk nie.


“Paul Basson is laas gesien op pad werk toe in bruin jeans, ’n vaal baadjie, swart skoene en ’n swart pet,” sê Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. 

“Sy eksmeisie het hom as vermis aangemeld toe hy nie van die werk af teruggekeer het nie.”

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, word gevra om speurkonst. Marcia Mphulenyane te nader by 078 840 8933, of Stop Misdaad by 08600 10111.

Mvalwana was laas gesien toe hy net voor sewe die oggend by die myn se hek uitgeklok het. Foto verskaf

Intussen vra die Vierfontein-polisie ook hulp om Wandisile Mvalwana (30) op te spoor nadat hy op Vrydag 6 Junie van Kopanong-myn vermis geraak het. Hy is laas gesien toe hy net voor sewe die oggend by die myn se hek uitgeklok het, maar hy het nooit teruggekeer nie.

“Hy is laas gesien deur ’n kollega toe hy omstreeks 04:00 werk toe vertrek het,” sê Josephine Rani, polisiewoordvoerder in die Vrystaat. “Wat hy aangehad het, is onbekend.”

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om ao. Ntswaki Setabela te nader by 082 466 8157 of Stop Misdaad te bel.

 ‘SAPD bly verbind om alle mense in Suid-Afrika te beskerm’

Die polisie herinner die publiek daaraan dat vermiste persone onmiddellik by die naaste polisiekantoor aangemeld moet word. Die aanmelding moet vergesel word van ’n onlangse foto van die vermiste persoon, asook besonderhede van wat hulle aangehad het en waar hulle laas gesien is.

“Sedert 2020 het die polisiediens al 17 968 vermiste persone met hul geliefdes herenig,” sê Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder. “Dit sluit volwassenes en kinders in wat regoor die land as vermis aangemeld is.

“Die SAPD bly daartoe verbind om alle mense in Suid-Afrika te dien en te beskerm, en herinner die publiek geen wagtyd geld om iemand as vermis aan te meld nie.”

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.